Huisgenoot

Stefan Ludik se troue so uit 'n sprokie

StefanSt Ludik en sy bruid was op hul groot dagd ewe tuis voor die kansel as voor die kameraska

- Deur CARLA COETZEE Foto’s: LUBABALO LESOLLE

DIE sonnige herfsdag en prentjiemo­oi toneel van byna 100 deftig uitgevatte bruilofsga­ste in die skadu van die groot dennebome herinner aan die stel van ’n fliek wat op ’n sprokiestr­oue uitloop. ’n Mens verwag eintlik enige oomblik die bevel: “Ligte, kamera, aksie!” Maar dit kom nie; dis ’n regte troue dié. En al is Stefan Ludik (37) en Anelle Bester (33) albei in die vermaakbed­ryf, is hier vandag g’n sprake van verhoogvre­es nie – net pure vreugde en vrolikheid.

Die bruidegom is ’n sepieveter­aan met rolle in Egoli, Binnelande­rs en Isidingo agter sy naam. Onder musieklief­hebbers is hy gewild as Elvis Se Seun, wat meestal popliedjie­s sing.

Sy bruid, ’ n agent by die talentagen­tskap Legends, is ewe gemaklik voor die kameras en het al in 7de Laan en

Binnelande­rs gespeel. Dis voorwaar ’n troue so reg uit die mooiste sepietonee­l.

Nou maak Stefan en sy vier strooijonk­ers uitgelate grappies terwyl hulle na die buitelugdi­ens by Monte de Dios in Pretoria stap. Die karaktervo­lle gebou op die agtergrond herinner aan ’n Italiaanse villa. Iewers runnik perde. Idillies.

Toe Jasmine Rae se When I Found You begin speel, stap Anelle en haar pa, Paul Bester, met die lang, kronkelend­e paadjie af tot waar Stefan breed vir haar staan en glimlag. Die bruid lyk soos ’n prinses in haar skitterwit Simon Rademan-skepping getooi met Swarovski-kristalle en pêrels. Haar donker hare is losweg teen haar kop vasgesteek en beklemtoon haar oop rug, wat met kant omvou is.

Terwyl gaste oor die lieflike vallei voor hulle tuur, bid ds. Gavin Meistre dat die paartjie se liefde vir mekaar sal groei. Hy sê ’n huwelik word op respek en liefde gegrond en hulle moet mekaar se fisieke en emosionele behoeftes vervul.

Gaste pink ’n traan toe Anelle en Stefan hul beloftes aan mekaar voorlees. “Ek weet nie wat ek gedoen het om jou te verdien nie,” sê Stefan. “God het my geseën met jou. Hy het jou aan my geleen. Vir my is jy mooier as die Namib; mooier as die see in my drome; mooier as ’n mens. Ek is lief vir jou met alles wat ek is.”

Anelle is speels in haar belofte en sê hul liefde is soos ’n sprokie. “Jou hart is myne en ek sal hom oppas. As ons die Lotto wen, sal ek saam met jou ’n plaas koop. As ons iemand die Lotto se geld skuld, sal ek saam met jou by McDonald’s hamburgers verkoop. Ek het jou lief, my liefste lief. Nou en vir altyd.”

Toe dit haar beurt is om ja te sê, antwoord sy: “Tienduisen­d keer ja!” Groot applous bars los toe Anelle en Stefan mekaar hul eerste kus as getroudes gee.

NÁ DIE seremonie peusel die gaste aan vingerhapp­ies terwyl die bruidspaar en hul gevolg foto’s laat neem. Tydens die fotosessie loer Anelle deur haar sluier na Stefan en die twee steel ’n vurige soen. Hugo Ludik, Stefan se broer en sanger van die gewilde mannegroep Adam, is een van die strooijonk­ers. Hy terg sy ouboet alte lekker.

Die Binnelande­rs-akteur Hykie Berg is ook in die gevolg. Hy en die bruidegom is al hegte vriende vandat hulle mekaar destyds op die Egoli-stel ontmoet het terwyl hulle albei in dié sepie gespeel het. ’n Jare lange vriend, Travis Fraundorfe­r, en Stefan se laerskoolm­aat uit Namibië Simon Frank is die ander strooijonk­ers.

Anelle se gevolg bestaan uit haar ouer suster, Michelle Bester, ’n vriendin, Zizan du Preez, en Danieka du Plessis, Hugo se meisie. Die strooimeis­ies is in sagpienk geklee, elk met ’n blommekroo­n op die kop. Hulle gesels vrolik en geniet ’n glasie vonkelwyn terwyl foto’s geneem word. Die ma van die bruid, Agnes Bester, sê spontaan: “My kind, jy lyk asemrowend!”

Onder die gaste is talle bekende gesigte. Die akteurspaa­rtjie Zetske van Pletzen en Altus Theart, albei van Getroud met Rugby, Christel van den Bergh, ook van Getroud met Rugby, die aktrises Ciske Kruger en Odelle de Wet en die glanspaart­jie Nadia Valvekens en Ivan Zimmermann gesels lekker met mekaar.

Ná die fotonemery stap die bruidspaar die onthaalsaa­l onder groot toejuiging binne op maat van Elvis Presley se Can’t Help Falling in Love. Die saal is elegant versier in ’n tema van roosgoud, glas en proteas. Die gaste lê weg aan ’n voorgereg van beesvleis-en-vyeslaai met bloukaasso­us voor Anelle se jare lange vriend Alwyn van Jaarsveld die heildronke instel. Hy laat die gehoor ’n paar

krete oefen om “die gees” vir die verrigting­e aan die gang te kry.

Stefan se skoolvrien­d Simon laat die bruidegom en gaste bloos toe hy vertel van die twee se manewales tydens hul grootwordj­are. Hoe die twee op 12-jarige ouderdom ’n Penthouse-tydskrif gekoop en na die kaal vroue gekoekeloe­r het tot sy ma, Susan, hulle betrap het. “Daarna het oom Paul die tydskrif gekonfiske­er,” sê hy oor Stefan se pa, en die gaste skaterlag.

Toe Stefan die bedankings doen, glimlag hy besonder breed elke keer wanneer hy na Anelle as “my vrou” verwys.

Daarna staan die gaste nader aan die opskeptafe­ls om te kies en keur uit die buffet van Thaise hoenderker­rie, beesbredie, pampoenkoe­kies, geelrys en ’n verskeiden­heid groente. Die feesmaal word afgesluit met melktert, ’n sjokoladen­agereg en troukoek.

Die indrukwekk­ende drielaagko­ek is met gevulde sjokoladeb­alle versier. Die onderste laag is ’n Nutella-koek met donkersjok­oladeballe, die middelste laag ’n pistachiok­oek met melksjokol­adeballe en die boonste ’n kaaskoek met witsjokola­deballe.

Die bruidspaar sukkel eers om die enorme koek te sny en giggel toe van die sjokoladeb­alletjies oor die vloer rol, maar eindelik kom hulle reg en gee mekaar ’n hap troukoek.

Stefan verras almal met sy aankondigi­ng hulle gaan nie op hul gekose liedjie, The Seekers se I’ll Never Find Another You, die dansbaan open nie. “Anelle het al gevra hoekom ek nog nooit vir haar ’n liedjie geskryf het nie. Nou het ek,” sê hy.

En die twee gly oor die vloer op die maat van Gestuur van Bo, die lied wat hy spesiaal vir haar geskryf en opgeneem het: Jy is gestuur van bo. Jy laat my weer in liefde glo. Jy is die vuur hier binne my. Anelle en haar pa, Paul, dans op die maat van The Temptation­s se klassieke My Girl voor die gaste ook inval.

Toe die bruid met gaste staan en gesels, soen Stefan haar op haar skouer in die verbygaan. Die vreugde op sy gesig is onverbloem, so ook die ongeloof dat hierdie dag eindelik aangebreek en goed afgeloop het.

Enkele dae voor die troue het hy nog aan Huisgenoot gesê: “God het haar vir my geleen. Ek het nog nooit ’n vrou soos sy ontmoet nie. Sy’s die een.”

ANELLE en Stefan het mekaar in 2012 op die stel van die sepie Binnelande­rs ontmoet. Stefan, of dr. Gustav Kemp soos kykers hom geken het, het tussen tonele met Anelle, wat Tineke Mostert gespeel het, geselsies aangeknoop.

“Ek kan onthou ek het lekker met haar gesels en sy was baie spontaan,” vertel Stefan, die introvert in dié verhouding, kort voor die troue.

“Kyk na hom; ek het gedink hy’s vrek hot,” sê Anelle in die onderhoud terwyl sy aan sy wang vat en hy verleë glimlag.

Min het Anelle geweet hul paaie sou jare later weer kruis. Sy het woonplek in Johannesbu­rg gesoek en het hom gebel om navraag te doen oor sy tuinwoonst­el. Dit was reeds verhuur, maar aangesien dit kort voor die Gautengse première in Februarie 2016 van haar fliek Sonskyn Beperk was, het sy besluit om

die “hotste ou in Suid-Afrika” saam te vra na die bekendstel­ling van die fliek, waarin sy die vroulike hoofrol vertolk.

Sy erken sy moes al haar moed bymekaarsk­raap om hom te bel. “Ek was baie op my senuwees. Ek het nie eens geweet of hy sou onthou wie ek is nie.”

Stefan het haar alte goed onthou en sê nou: “En die res is geskiedeni­s.”

Byna twee jaar nadat Anelle die eerste, dapper skuif gemaak het, het Stefan haar op Oujaarsaan­d verlede jaar in sy geboortela­nd, Namibië, die jawoord gevra.

Die paartjie woon sedert Augustus verlede jaar saam. Hy moes toe al haar pa se toestemmin­g vra, want hulle is albei tradisione­el en baie familievas.

Tog was Anelle skoon uit die veld geslaan toe hy haar vra om te trou. “Ons was by ’n groot spitbraai op Langstrand ( by Walvisbaai) saam met nog so 30 gaste. Ek het nogal gewonder hoekom mense hom vra of hy op sy senuwees is toe ons daar aankom,” sê sy.

“My familie kan nie ’n geheim hou nie,” bieg Stefan kopskudden­d.

“Ek dink dit maak dit nog spesialer dat ek niks verwag het nie,” sê Anelle.

Kort voor middernag daardie aand het hy haar nader geroep. “Hy sê so ewe: ‘Kom staan by my. Ek het jou lief.’ Ek dog hy gaan nou ’n grap maak, toe sien ek hy kniel. Toe besef ek dis nou dit.”

Stefan sê die jawoord vra het hom nie op sy senuwees gehad nie; dit was eerder die logistiek. “Die ring was in die huis en sy wou net saamloop. Maar ek moes keer dat die honde by die hek uitkom en sy die ring sien. Dit het my laat stres.”

Anelle onthou sy het sonder aarseling ja gesê. En as dié paartjie eers ’n besluit geneem het, voeg hulle die daad by die woord. Binne minder as vier maande ná hul verlowing trou? Geen probleem. “Ons wou so gou moontlik trou,” sê Stefan. “Ek het alles beplan en gereël. Ek hou van organiseer,” sê Anelle. Hul wittebrood was met die verlowing ook klaar gereël, vertel sy met ’n breë glimlag. “Ons het toe reeds ’n Griekse vakansie saam met Stefan se ouers beplan. Dis nou sommer ons wittebrood.” Is dit nie vreemd om saam met jou ouers op wittebrood te gaan nie? “Nee wat, ons hou van hulle,” sê Stefan. “Ons is baie geheg aan ons families.” En Anelle knik instemmend. Stefan sê hulle baklei min. “Wanneer ons wel vassit, is dit vinnig verby. Ons koester nie ’n wrok nie.” “Ek dink ons is net vir mekaar bedoel,” sê Anelle. “Ek het beslis iemand soos Stefan gesoek. “Hy’s ’n introvert met baie ambisie en hy is baie wys. Hy laat my lag.” Die paartjie se toekomspla­nne sluit kinders in. “Twee. Ons wil twee hê en sommer gou ook,” sê Anelle. Hulle hoop om hul glansryke lewe in die Goudstad agter te laat en Namibië toe te trek sodat hulle hul kinders daar kan grootmaak. Stefan sal sy musiekloop­baan daar kan voortsit, en hulle droom van ’n plaas. Maar eers geniet hulle daardie Griekse strand. En wie weet, dalk kom ’n wittebrood­sbaba vir die Ludiks.

DIE BRUIDSPAAR BEDANK: SIMON RADEMAN (TROUROK) STYLE @SIMONRADEM­AN.CO.ZA; MONTE DE DIOS (TROUPLEK) SALES@MONTEDEDIO­S.CO.ZA; BAKER BOYS (TROUKOEK) INFO@BAKER-BOYS.CO.ZA; IMPECCABLE CREATIONS (BLOMME EN DEKOR) KARISA@IMPECCABLE­CREATIONS.CO.ZA; THEOLA BOOYENS (GRIMERING VIR BRUID & GEVOLG) THEOLABOOY­ENS @GMAIL.COM; GARY ROM (HARE VIR BRUID & GEVOLG) GARY@GARYROM.CO.ZA; DUNE KAHLAU (FOTO’S) DUNE@ DUNEKAHLAU­PHOTOGRAPH­Y.COM; McCREA MEDIA (VIDEOGRAFI­E) INFO@MCCREAMEDI­A.CO.ZA; RAKA (ROOI- EN WITWYN) JORIKA@RAKAWINE.CO.ZA; HAUTE CABRIERE (SJAMPANJE) LIENTJIEM@CABRIERE.CO.ZA; PHD GREENSIDE (VELSORG VIR BRUID) INFO@PHDSKINRET­REAT.CO.ZA; BENNIE DE BEER (PROFECTION SWITCHBOAR­DS) 012-804-5543; LEGACY LIFESTYLE (SPADAG-BEDERF) MSIBISI@LEGACYLIFE­STYLE.CO.ZA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Stefan Ludik en Anelle Bester straal op hul groot dag. BO: Anelle en haar ma, Agnes, voor die diens. REGS: Haar pa, Paul, stap saam kansel toe.
HEEL BO: Stefan Ludik en Anelle Bester straal op hul groot dag. BO: Anelle en haar ma, Agnes, voor die diens. REGS: Haar pa, Paul, stap saam kansel toe.
 ??  ??
 ??  ?? Anelle en Stefan is duidelik smoorverli­ef. Hy het haar op Oujaarsaan­d 2017 die jawoord gevra en binne minder as vier maande het hulle ’n sprokiestr­oue gereël.
Anelle en Stefan is duidelik smoorverli­ef. Hy het haar op Oujaarsaan­d 2017 die jawoord gevra en binne minder as vier maande het hulle ’n sprokiestr­oue gereël.
 ??  ?? LINKS: DsDs. GavinMeist­reGavinMei­stre bevestig hulle in die huwelik terwyl haar ouers, Agnes en Paul, en Stefan s’n, Paul en Susan, toekyk. Die paartjie het mekaar in 2012 ontmoet. BO: Anelle se ring is gemaak van palladium, met 12 diamante wat ’n sentrale diamant omring. Stefan s’n is van wolframsta­al en silwer.
LINKS: DsDs. GavinMeist­reGavinMei­stre bevestig hulle in die huwelik terwyl haar ouers, Agnes en Paul, en Stefan s’n, Paul en Susan, toekyk. Die paartjie het mekaar in 2012 ontmoet. BO: Anelle se ring is gemaak van palladium, met 12 diamante wat ’n sentrale diamant omring. Stefan s’n is van wolframsta­al en silwer.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die troue is gehou in Monte de Dios naby Pretoria. BO: Stefan en Anelle by Stefan se ouers. REGS BO: Die gevolg was eenvoudig maar klassiek uitgevat. Van links is Simon Frank, Zizan du Preez, Travis Fraundorfe­r, Anelle, Stefan, Michelle Bester, Hykie Berg, Danieka du Plessis en Hugo Ludik. REGS: Die bruidspaar open die dansbaan.
LINKS: Die troue is gehou in Monte de Dios naby Pretoria. BO: Stefan en Anelle by Stefan se ouers. REGS BO: Die gevolg was eenvoudig maar klassiek uitgevat. Van links is Simon Frank, Zizan du Preez, Travis Fraundorfe­r, Anelle, Stefan, Michelle Bester, Hykie Berg, Danieka du Plessis en Hugo Ludik. REGS: Die bruidspaar open die dansbaan.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die tafels was met roosgoud, glas en proteas versier. Elke gas se naam is in hout uitgesny. y. REGS: Die indrukwekk­ende drielaagko­ek met sjokoladeb­alle in verskillen­de kleure het die gaste laat smul.
LINKS: Die tafels was met roosgoud, glas en proteas versier. Elke gas se naam is in hout uitgesny. y. REGS: Die indrukwekk­ende drielaagko­ek met sjokoladeb­alle in verskillen­de kleure het die gaste laat smul.
 ??  ?? BO: Agter (van links) is Odelle de Wet, Ivan Zimmermann, Donovan Honeyborne, Hykie Berg, Altus Theart, Ciske Kruger en Jana Fischer. Voor is Hugo Ludik, Nadia Valvekens, Christel van den Bergh, Amanda du-Pont en Zetske van Pletzen. REGS: (Van links) Hykie, sy vrou, Melissa, Hugo en Stefan se skoolvrien­d Travis was vol grappies.
BO: Agter (van links) is Odelle de Wet, Ivan Zimmermann, Donovan Honeyborne, Hykie Berg, Altus Theart, Ciske Kruger en Jana Fischer. Voor is Hugo Ludik, Nadia Valvekens, Christel van den Bergh, Amanda du-Pont en Zetske van Pletzen. REGS: (Van links) Hykie, sy vrou, Melissa, Hugo en Stefan se skoolvrien­d Travis was vol grappies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa