Huisgenoot

Bill Cosby oplaas skuldig ná #Me Too

Die akteur se skuldigbev­inding op drie klagte van onsedelike aanranding kom ná aanlyn veldtogte en baan dalk die weg vir ander slagoffers

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIT was nie die eerste keer dat sy in die hofsaal van aangesig tot aangesig gekom het met die man wat haar bedwelm en seksueel aangerand het nie. Byna ’n jaar gelede het sy aan die jurie verduideli­k wat hy aan haar gedoen het, maar ná beraadslag­ing van 52 uur kon hulle nie besluit of hy skuldig is nie. Die hof het toe die saak laat vaar. Maar dié keer was dit anders. Binne 14 uur het die jurie die eens gewilde akteur skuldig bevind aan drie aanklagte van onsedelike aanranding. Dit maak van Bill Cosby die eerste beroemde wat in die hof die spit afbyt ná die #MeToo- en Time’s Up-veldtog wat verlede jaar in die sosiale media losgebars het.

Andrea Constand se roerende getuienis het die jurie van die 80-jarige akteur se skuld oortuig.

Andrea, bedryfsdir­ekteur van ’n universite­itsbasketb­alspan, het getuig die man wat sy verafgod het, het haar (toe 30) destyds drie blou pilletjies gegee om te drink. Sy het getuig haar mond het daarna soos “watte” gevoel en haar bene “rubberagti­g” en hy het haar na ’n rusbank in sy huis gelei voor sy haar bewussyn verloor het.

“Ek het eensklaps bygekom en mnr. Cosby agter my op die bank gevoel,” het sy getuig. Sy het toe in grafiese besonderhe­de vertel hoe hy haar seksueel aangerand het. “En ek was nie in staat om enigiets daaraan te doen nie.”

Die akteur het met sy skuldigbev­inding met dooie oë voor hom uitgestaar en geen emosie gewys toe die verdoemend­e bevinding voorgelees word nie.

Nadat die jurie die vertrek verlaat het, het hy skielik sy donker kant gewys. Weg was die gawe dr. Cliff Huxtable van The Cosby Show. In sy plek was ’n onbeskofte ou man wat van woede ontplof het.

Die uitbarstin­g het plaasgevin­d toe die staatsaank­laer, Kevin Steele, vra dat Cosby se borgtog van $1 miljoen (sowat R12,5 miljoen) opgeskort word omdat hy ’n vlugrisiko is.

“Hy het ’n vliegtuig, Edelagbare,” het Kevin gesê.

“Hy het nie ’n vliegtuig nie, jou p******,” het Cosby gesê, so asof hy van iemand anders praat.

DAAR was baie mense wat nie verbaas was oor dié reaksie en hoe hy hom by tye in die hof gedra het nie. Twee van sy vermeende slagoffers, Lili Bernard en Victoria Valentino, was woedend oor sy reaksie op sommige van die getuies.

“Toe die slagoffers huil en snik, het hy gelag en met hulle gespot. Dit was baie pynlik om te aanskou,” het Lili gesê.

Byna 60 vroue het die komediant teen dié tyd daarvan beskuldig dat hy ’n seksmishan­delaar is wat hulle met pille verdoof het voor hy hulle verkrag het.

Andrea is egter die enigste klaer wie se saak tot dusver verhoor is. In al die ander gevalle het die klagte verjaar en is dit dus te laat om strafregte­like stappe teen die akteur te doen. (Die tydperk van verjaring verskil van plek tot plek in Amerika.)

Toe die skuldigbev­inding in Andrea se

saak voorgelees word, het mense in die ie hof na hul asem gesnak. Hier en daar het et mense gesnik. Andrea het met haar kop p agteroor gesug van verligting en toe haar ar prokureur omhels.

Maar dit was nie ’n maklike pad vir die ie vrou wat die akteur tot ’n val gebring het et nie. Andrea het Cosby reeds in 2005 van n aanranding beskuldig, maar die owerheid in Montgomery County in die deelstaat Pennsilvan­ië het geweier om strafregte­like klagte teen die ster van The Cosby Show aanhangig te maak.

Sy het selfs ’n siviele eis teen Cosby ingestel, en hy het eindelik geskik en $3,4 miljoen (destyds sowat R21,6 miljoen) aan haar betaal. Maar ingevolge die skikking moes die inligting vertroulik bly.

Andrea moes ’n dekade lank swyg tot ’n regter eindelik bepaal het die inligting wat sy aan die polisie verskaf het, het nie die ooreenkoms verbreek nie.

’n Dekade nadat Montgomery County se owerheid geweier het om Cosby te vervolg, is die saak heropen op grond van nuwe getuienis wat na vore gekom het toe nog vroue sy beweerde vieslike dade aan die groot klok gehang het.

Cosby se regspan, onder andere sy prokureur, Tom Mesereau, het in die hof gesê Andrea is ’n geldgierig­e ge skelm. Maar die aanklaer, Kristen en Gibbons Feden, het haar nie e van stryk laat bring nie. In ’n drama- amatiese oomblik het sy marsjeer sjeer na waar Cosby gesit het en gesê: “Die ware skelm is die man wat hier sit.”

COSBY kan 10 jaar tronkstraf kry vir elk van die drie aan aanklagte, wat beteken hy kan die res van sy lewe in die tronk deurbring. Hy het hom in ’n skokkend onvanpaste oomblik met Nelson Mandela vergelyk toe hy uitgevra is oor ’n moontlike lewe agter tralies. “Ek onthou toe ons hom op Robbeneila­nd ontmoet het,” het hy voor die verhoor aan die Amerikaans­e aanlyn nuusblad Page Six gesê. “Ek het in sy sel gesit en gesien hoe hy daar geleef het. So, as hulle my na daardie plek toe stuur, dan is dit wat hulle gaan doen en ek sal soontoe moet gaan.” Tog is dit moontlik dat hy ’n lewe agter tralies kan vryspring. Sy regspan gaan teen die bevinding appelleer. Tom is glo oortuig sy kliënt se appèl sal slaag. Hy was ook die een wat Michael Jackson skotvry laat wegstap het toe die sanger in 2005 van kindermole­stering aangekla is. Intussen is die geva gevalle Bill Cosby nog uit op borgtog. “Ek gaan hom nie sommer nou opsluit nie,” he het regter Steven O’Neill gesê en n na Cosby se ouderdom en m mediese toestand verwys. H Hy ly aan ’n degenerati­ewe oogsiekte en het verlede verled jaar beweer hy word wo blind. ’n Datum vir sy vonnisople­gging v is nog nie bepaal nie, n maar die ak- teur moet ’n GPS-monitor dra en mag nie die voorstad waar hy woon, verlaat nie.

Sy vrou van die afgelope 50 jaar, Camille, het die verhoor nie bygewoon nie en eers gesig gewys toe die slotbetoë gevoer is. Sy het in 2014 ’n verklaring uitgereik en gesê die pa van haar vier dogters (en ’n seun wat in 1997 vermoor is) is onskuldig en ’n “wonderlike man, pa en vriend”.

Maar Gloria Allred, die prokureur wat verskeie van Cosby se vermeende slagoffers verteenwoo­rdig het, stem glad nie saam nie. “Ons is baie bly dat ons eindelik kan sê vroue word geglo – en nie net op #MeToo nie, maar in ’n hof.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Bill Cosby verlaat dieMontdie Montgomery CCounty-thhof.f BOAdBO:Andrea CConstand t d glimlag terwyl sy die hof verlaat. INLAS: Die oudbasketb­alspeler het Cosby in 1997 by die Temple-onderwysko­llege ontmoet.
HOOFFOTO: Bill Cosby verlaat dieMontdie Montgomery CCounty-thhof.f BOAdBO:Andrea CConstand t d glimlag terwyl sy die hof verlaat. INLAS: Die oudbasketb­alspeler het Cosby in 1997 by die Temple-onderwysko­llege ontmoet.
 ??  ?? LINKS: Die Cosby Show-rolverdeli­ng: Agter (van links) is Lisa Bonet, MalcolmJam­al Warner, Phylicia Rashad en Sabrina Le Beauf. Voor is Keshia Knight Pulliam, Bill Cosby en Tempestt Bledsoe. ONDER: Cosby verlaat ná die uitspraak die hof saam met sy...
LINKS: Die Cosby Show-rolverdeli­ng: Agter (van links) is Lisa Bonet, MalcolmJam­al Warner, Phylicia Rashad en Sabrina Le Beauf. Voor is Keshia Knight Pulliam, Bill Cosby en Tempestt Bledsoe. ONDER: Cosby verlaat ná die uitspraak die hof saam met sy...
 ??  ?? Die staatsaank­laer, Kristen Gibbons Feden, kom by die hof in Montgomery County aan.
Die staatsaank­laer, Kristen Gibbons Feden, kom by die hof in Montgomery County aan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa