Huisgenoot

Piet Matipa dankbaar vir kinderhuis

Armoede het die skrywer en TV-aanbieder Piet Matipa en sy broer, Soteria, se ma ’n moeilike besluit laat neem wat vrugte afgewerp het

- Deur MICHELLE NORTJE

HY WAS net vyf jaar oud en sy boetie ’n pap baba toe hulle kinderhuis toe is. Die welsyn het hulle nie van hul ma weggevat nie; sy het verkies om van hulle afstand te doen. Dit was die beste ding wat sy onder die omstandigh­ede vir hulle kon doen, glo die twee broers vandag – armoede en die nood het hul enkelma tot dié drastiese optrede gedryf.

“My ma kon nie vir ons sorg nie,” nie, vertel Piet Matipa. “Dis nie dat sy nie wou nie.”

Vandag is hy ’ n rubriekskr­ywer, skrywer, dialoogskr­ywer vir die sepie 7de e Laan en nou ook aanbieder van VIA se nuwe werklikhei­dsprogram Wees, maar sy lewenspad was nie aldag maklik ik nie.

Ons kuier by Piet (29) in sy moderne woonstel in Fourways, Gauteng. g. Langs hom op die bank sit sy jonger broer, Soteria (23), ’n assessor in die voertuigve­rsekerings­bedryf.

Vir hulle het ’n lewe in die kinderhuis beteken hulle kon sterk en suksesvol word sodat hulle nie ie sou terugval in die kringloop van an swaarkry waaruit hulle gekom m het nie, meen die twee broers.

“Die kinderhuis was die medisysyne wat ons gehelp het om bo o ons omstandigh­ede uit te styg,” meen een Soteria, en Piet beaam dit. “As jy in n daardie omstandigh­ede terugval, is jy dom. Jy kan iets van jouself maak as jy y die geleenthed­e aangryp wat jou kant ant toe kom.”

Die broers sê hulle is vandag dag dankbaar dat hul ma, wat om den en brode allerhande produkte verrkoop het, die moeilike stap ge- doen het om hulle in kindersorg te plaas. “As sy nie het nie, sou ons nie gewees het waar ons vandag is nie,” sê Soteria.

Hulle het hul pa nooit geken nie.

Nadat hul ma hulle in die middel 1990’s in sorg geplaas het, het hulle ’n jaar lank in ’n plek van veiligheid gewoon voor hulle na ’n kinderdorp verplaas is.

Dié kinderdorp, Villa Lubet in Lyndhurst, Johannesbu­rg, het uit 20 huise bestaan. Elke huis het 12 kinders en ’n huismoeder en

-vader gehad. Flip en Marie Janse van Rensburg was “eintlik maar die ouers wat ons grootgemaa­k het”, onthou Soteria die mense wat hy vandag nog mamma en pappa noem.

“Al sien ek hulle nie baie nie, is ons verhouding nog solid,” sê hy. Hulle het mekaar ’n jaar laas gesien, maar praat baie oor WhatsApp. “Oom Flip stuur gereeld vir my ’n boodskap en sê hy bid vir my.”

“Dit sal nooit verander nie. Hulle het my grootgemaa­k,” verduideli­k Soteria, wat Afrikaanss­prekend grootgewor­d het in die kinderhuis. Hy het eers op hoërskool leer Zoeloe praat, die taal van sy biologiese ma. Piet het wel kleintyd Zoeloe leer praat.

Hy onthou nog die tyd toe hy by sy biologiese ma gewoon het, die vyf jaar voor Soteria gebore en hulle kinderhuis toe gestuur is. Soms was daar niks in die huis om te eet nie. Ander kere moes hy en sy ma water uitskep nadat dit by hul plakkershu­t in die Pretoriase township Mamelodi ingereën het.

Hy vertel van ’n spesifieke dag: “Dit het so erg ingereën dat ons shack onder water was en ons emmers water moes uitgooi. Terwyl ons besig was, het my ma net gegil, gebid en die Here aangeroep.”

Sy bid tot vandag toe nog net so baie, vertel die broers.

Hulle het deesdae wel ’n verhouding met hul ma, maar Soteria sê: “Jy moet een ding onthou: Ons het nooit die band met haar gehad wat ons met ons huisouers in die kinderoord gehad het nie. Ons het nie saam met haar grootgewor­d nie – en dit verander alles.”

Dit was vir hulle moeilik om ’n verhouding met haar te bou ná al die jare weg van haar af. Soteria was sowat ses en Piet 11 jaar oud toe oom Flip die seuns na hul ma toe neem sodat sy haar jongste kon ontmoet. Daarna het sy af en toe vir die broers kom kuier.

Dit is veral vir Soteria moeilik omdat sy net ná sy geboorte “verdwyn” en hy haar eers jare later ontmoet het. “Ek was in gr. 1 of 2 toe ek haar vir die eerste keer ontmoet. Ek was klein; daarom kan ek nie alles onthou nie, maar dit het gemaak dat die verhouding vandag anders is.”

Piet was 18 toe hy die kinderhuis verlaat en Soteria 20. “Ek het ’n probleem gehad met my leerdery en is in ’n spesiale skool geplaas,” vertel Soteria.

Die broers glo hulle is albei vandag suksesvol omdat hulle ’n doelbewust­e besluit geneem het om nie slagoffers van hul omstandigh­ede te bly nie.

“In die kinderhuis kry jy geleenthed­e en hulle stimuleer jou om aan te hou met dit waarin jy goed is,” vertel Piet, wat onderhoofs­eun was van die Hoërskool Waterkloof in die tyd toe hy en Soteria in ’n kinderhuis in Elarduspar­k gewoon het.

Piet het onder meer in redenaarsk­ompetisies uitgeblink en met ’n beurs ’n joernalist­iekgraad aan die Noordwesun­iversiteit se Potchefstr­oom-kampus behaal, waarna hy by die dagblad Beeld in Johannesbu­rg begin werk het.

Soteria glo dit is die mense wat jou bystaan en bemoedig wat bydra tot wat jy in die lewe bereik. “Ek het baie hulp gekry van mense wat in my geglo het.”

Die twee broers het ’n goeie verhouding, al is hulle baie verskillen­d. Soteria is sportief en lief vir die buitelewe, terwyl Piet rustiger en minder aktief as sy kleinboet is. “Ek waardeer nie die natuur so baie soos Soteria nie,” sê Piet.

“Piet is die slimme in ons verhaal,” meen Soteria. “Ek is fisiek meer geseën en hy is beter met sy verstand,” sê die jongste broer, wat in atletiek uitgeblink het. “Maar ons is albei baie sosiaal en uitgesprok­e. Ons is nie skaam nie.”

IETS wat hulle albei dwars in die krop steek, is die stigma wat aan kinderhuis­kinders kleef.

“Die kinderhuis leer jou baie van die lewe, en jy ontwikkel ’n dik vel,” sê Soteria. “Jy besef alles is nie aldag maanskyn en rose nie; jy kan besluit om ’n beter lewe te lei, selfs beter as dié wat in ’n ‘ normale’ ouerhuis grootgewor­d het.”

Piet stem saam. “Ek hou nie daarvan wanneer mense kinderhuis­kinders jammer kry nie. Party mense gaan deur baie erger dinge as om in ’ n kinderhuis groot te word.” Dit is juis dié lewensbesk­ouing wat hom gehelp het om Wees, sy nuwe VIA-program wat handel oor kinderhuis­kinders wat bo moeilike omstandigh­ede uitgestyg het, objektief aan te bied.

In die tweede aflewering voer hy ’n onderhoud met Soteria waarin hulle albei oor hul kinderhuis­dae gesels.

“Tot ek hierdie program begin aanbied het, het ek gedink my en Soteria se lewe was erg en traumaties. Elke keer nadat ek ’n onderhoud gevoer het, was ek lank in ’n skoktoesta­nd.”

Die verhale van ontbering en lyding wat baie kinders moes deurmaak voor hulle in kinderhuis­e versorg is, was vir hom hartverske­urend. Hy vertel baie van die mense met wie hy vir die reeks gepraat het, was in die kinderhuis­e beter daaraan toe as in hul ouerhuis.

Die grootste les wat hulle in hul kinderjare geleer het, is om “aan te hou roei”, vertel Piet. “Baie mense het tyd om hul emosies en wat met hulle gebeur het te koester. Ek het nie tyd daarvoor nie. Jy moet vorentoe beweeg; om te lê sal jou niks help nie. Die lewe het nie genade vir enigiemand nie; as jy kies om op ’n hoop te bly sit, sal jy dit nie maak nie.”

Soteria stem saam. “Kyk vorentoe, werk hard en maak seker jy maak die lewe beter vir jouself.”

Dan voeg hy by: “Ja, dit sou lekker gewees het om saam met ons ma groot te word, maar ek en Piet is oukei – en die Here het ons baie geseën.”

 ??  ?? Al het die broers Piet (links) en Soteria Matipa in ’n kinderhuis grootgewor­d, is hulle vandag albei suksesvol en gelukkig.
Al het die broers Piet (links) en Soteria Matipa in ’n kinderhuis grootgewor­d, is hulle vandag albei suksesvol en gelukkig.
 ??  ?? Die broers is baie geheg aan mekaar. Al het hulle kleintyd in kindersorg beland, is hulle gelukkig nooit geskei nie en het hulle saam in ’n kinderoord in Johannesbu­rg en later ook in Pretoria gewoon.
Die broers is baie geheg aan mekaar. Al het hulle kleintyd in kindersorg beland, is hulle gelukkig nooit geskei nie en het hulle saam in ’n kinderoord in Johannesbu­rg en later ook in Pretoria gewoon.
 ??  ?? Piet is aanbieder van Wees, VIA se nuwe reeks oor kinderhuis­kinders wat bo hul omstandigh­ede uitgestyg het.
Piet is aanbieder van Wees, VIA se nuwe reeks oor kinderhuis­kinders wat bo hul omstandigh­ede uitgestyg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa