Huisgenoot

Stralend ná bevalling: Hóé, Kate?

Die tonge het geklap toe ’n stralende Kate prins Louis aan die wêreld bekendstel

- Saamgestel g deur NICI DE WET

DIT was die oomblik waarop aanhangers gewag het – en Kate het vir die derde keer alle verwagting­s oortref. Toe die hertogin van Cambridge met haar nuwe baba by die deure van die S St. Mary-hospitaal in Londen se LindoLindo-vleuel uitstap, het sy allermins gely gelyk soos ’n vrou wat net sewe uur tev tevore die lewe geskenk het. Hoe is dit moontlik dat ’n vrou s so kan lyk pas nadat sy ’n baba gekry het? het die vraag oor die wêreld heen weergalm toe die eerste foto’s van Kate en prins W William saam met hul derde ki kind uitgereik is. K Kate dra ’n “onrealisti­ese boodskap” oor, het vroue in die sosiale media laat l hoor. ’ n Vrou lyk dan uitgemerge­l en voel stukkend kort nadat sy die lewe geskenk het – allermins asof sy in ’n salon bederf is . . . Tog het ander dadelik vir Kate in die bres getree. “Wat ’n vrou. Laat ek vir jou ’n ding sê: Ek het nie in hakskoene gestaan net nadat ek die lewe geskenk het nie,” het die tennisster en nuwe ma Serena Williams laat hoor. Bewonderin­g, ongeloof, dalk ’n bietjie afguns – toe Kate haar eerste tree as ma van drie in die openbare oog gee, het dit hewige reaksie ontlok. Maar daar, in haar arms, was die eintlike ster van die oomblik: klein Louis Arthur Charles vas aan die slaap en salig onbewus van die opwinding waarmee sy koms begroet is. ’n Derde kind v vir Kate en Wills; ’n nuwe p prinsie vir Brittanje.

DIE D GEBOORTE

K Kate gebruik nie pynv verdowing nie en kraam b blykbaar maklik. Sy span ’n m metode in wat in die 1930’s d deur ’n Engelse dokter o ontwikkel is. Dit behels a asemhaling­stegnieke om k kraampyne te beheer. Om jou baba in die L Lindo - vleuel van die St St. Mary-hospitaal te hê sal jo jou meer as R100 000 per na nag vir ’n standaardk­amer ui uit die sak jaag. Tussen die ku kunsbelaai­de mure kan ma ha haar ná die geboorte laat m masseer terwyl sy ’n glasie vo vonkelwyn geniet.

 ??  ?? Die Di hertog h en hertogin van Cambridge stel hul derde kind, prins Louis (BO), aan die wêreld bekend. Kate se rok herinner aan die een wat prinses Diana gedra het ná prins Harry se geboorte in 1984.
Die Di hertog h en hertogin van Cambridge stel hul derde kind, prins Louis (BO), aan die wêreld bekend. Kate se rok herinner aan die een wat prinses Diana gedra het ná prins Harry se geboorte in 1984.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa