Huisgenoot

KRY IETS WAT JOU LEWE SIN GEE EN VERDRYF DEPRESSIE

-

Ek lees Marelette Louw se My Storie in Huisgenoot van 26 April, en ek kan nie anders as om na my pen te gryp nie.

Sy vertel van haar moeilike omstandigh­ede, oor hoe sy soms voel sy moes dalk liewer nie wakker geword het nie.

Ek het diep deernis daarmee, want ek ken dit. Daar kom tye dat die meeste van ons so voel. Maar die lewe is nou eenmaal nie vir sissies nie.

Marelette, ek wil jou graag aanmoedig: Kry iets wat die lewe vir jou die moeite werd maak, by- voorbeeld om iemand anders te ondersteun met wie dit dalk slegter gaan as met jou.

Dit is hoe ek uit my eie depressie gekom het.

In my geval was dit ’n kind in matriek. Hy was onderhoofs­eun en ’n goeie sportman.

Maar hy was ook ’ n koshuiskin­d wat buite die mure van die skoolkoshu­is geen ondersteun­ings-netwerk gehad het nie.

Die depressie het hom beetgekry en gedreig om hom in te sluk. Hy het hom tot die Bybel gewend en ander kinders het hom oor sy toewyding aan godsdiens gespot.

Ek het bewus geraak van sy stryd en my eie depressie en sukkelbest­aan op die agtergrond probeer skuif om dié talentvoll­e jong mens so goed moontlik te steun.

Hy was immers iemand wat altyd sy bes gedoen het om sy eie omstandigh­ede te verbeter.

Vandag het hy sy depressie grootliks onder die knie – en ek ook. Deur hom by te staan kon ek myself help. Eindelik het ons mekaar ondersteun.

En ek weet nou: Al het ek gedink my pad is moeilik, is daar altyd ander wie s’n moeiliker is.

Reik uit na ander en jy sal ook die vrugte pluk. HOOP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa