Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ek het op 19 getrou en was 14 jaar lank getroud. Ek moes my drie seuns alleen grootmaak en het boonop min onderhoud gekry. My seuns is nou almal volwassene­s. Een is getroud en woon reeds op sy eie, die oudste het ’n werk, maar bly nog by my, en die jongste is klaar met matriek. Hy het nog nie ’n werk nie. Wanneer en hoe sal ek met my lewe kan aangaan? MA op JS

As ’n ouer nie perke aan hul kinders stel oor wanneer hulle hul ouerhuis moet verlaat en hul eie lewe in hul eie blyplek moet begin lei nie, gaan hulle dalk nie hierdie gemaksone wil verlaat nie. Hulle gaan altyd nog ’n verskoning hê om langer by hul ouers te bly.

Voer ’n goeie en indringend­e gesprek met jou twee seuns wat nog onder jou dak woon en sê vir hulle jy kan nog hoogstens twee of drie jaar verantwoor­delikheid vir hul welstand aanvaar. Kom op ’n spesifieke datum of ouderdom ooreen wanneer elkeen van hulle die huis moet verlaat.

As jy hieroor skuldig voel, onthou dit beteken nie jy is minder lief vir hulle nie. Inteendeel, jy wil hulle in staat stel om hul voete te vind en hulle help om nie oorafhankl­ik van jou te wees nie.

Die vryheid wat jy graag wil hê om jou eie lewe te lei kan meebring dat jou kinders ook onafhankli­k hul eie potjie begin krap.

Soms wil seuns in so ’n situasie hul ma beskerm. Hulle neem die plek in van die man in die huis. Jy kan die skeidingst­yd afskop deur byvoorbeel­d minder op hulle staat te maak om instandhou­dingswerk in die huis vir jou te doen.

Party meisies is lugtig vir volwasse mans wat nog by hul ma’s woon uit vrees vir die mamma-se-seuntjie-sindroom wat dikwels verhouding­s bemoeilik. Dalk is dit nuus vir jou seuns!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa