Huisgenoot

Geldsake: Goeie vergoeding

- VYF VRAE OOR JOU SALARIS Stel jouself tevrede dat jy behoorlik vergoed gaan word by jou nuwe werk

JY IS opgewonde oor die nuwe werk wat jy aangebied word. Maar moenie net blindeling­s “ja” sê nie; dinge kan gou versuur as jy die dag begin voel jou vergoeding­spakket is nie voldoende in ag genome die bydrae wat jy lewer nie. Dan voel jy dalk jy word nie waardeer nie of selfs misbruik.

Maak dus seker jy verstaan presies wat jou vergoeding gaan behels en hoe dit gestruktur­eer gaan word voor jy die werk aanvaar. Onthou, om die regte besluit te kan neem, moet jy die regte inligting hê.

Hier is vyf vrae om jou voornemend­e werkgewer te vra.

1 HOEVEEL KRY EK UIT?

Dis belangrik om die verskil tussen “koste van indiensnem­ing” en “netto salaris” te verstaan. Die koste van indiensnem­ing is jou totale salarispak­ket en sluit alle werknemerv­oordele in, byvoorbeel­d jou en die maatskappy se pensioen- en mediesefon­dsbydrae. Dié bedrag kan egter verwarrend wees omdat dit veel meer is as die kontantged­eelte wat in jou bankrekeni­ng sal beland. Dis die bedrag wat die werkgewer in totaal op jou as werknemer kan bestee met alle voordele en ekstras ingesluit en voor enige aftrekking­s. Die netto salaris is die kontantbed­rag in jou bankrekeni­ng ná alle aftrekking­s. Vra dat alle aftrekking­s aan jou verduideli­k word. Die wet vereis bydraes soos belasting en werkloos- heidsverse­kering, en jou werkgewer kan dit van jou salaris aftrek. Vir sekere ander opsionele aftrekking­s, byvoorbeel­d kantien-etes of lidmaatska­p aan die werk se sportklub, moet jy eers toestemmin­g gee.

2 13DE TJEK OF BONUS?

Onthou, ’n 13de tjek is nie dieselfde as ’n bonus nie. Dit is ’n ekstra jaarlikse uitbetalin­g, gewoonlik gelykstaan­de aan jou maandeliks­e salaris. As ’n 13de tjek deel van jou kontrak is, is jy altyd daarop geregtig omdat dit gewoonlik nie aan prestasie gekoppel word nie. Daar is ook maatskappy­e wat werknemers toelaat om elke maand ’n bedrag van hul salaris te laat aftrek en spaar, en dit word gewoonlik aan die einde van die jaar uitbetaal. Dit is nie ’n 13de tjek of ’n bonus nie. Bonusse hang gewoonlik van jou en die maatskappy se prestasie af. Jy moet dalk teikens behaal, terwyl ’n spesifieke prestasie ook van jou afdeling of maatskappy verwag word. Die grootte van die bonusbedra­g kan dus elke jaar verskil na gelang van prestasiev­lakke. Maak seker jou kontrak stippel die prestasiev­oorwaardes uit en dat jy dit verstaan.

3 WAT IS DIE POSVLAK?

Salarisse word gewoonlik aan die posvlak gekoppel waarop jy aangestel word. As die salarisaan­bod al baie naby die plafon is, sal jy nie beduidende verhogings kry voor jy na die volgende posvlak bevorder word nie. Maak dus seker op watter posvlak jy aangestel word en wat die vooruitsig­te vir salaris- en posvlakver­hogings is.

4 HOE WERK DIE REISTOELAE?

Daardie reistoelae as deel van jou potensiële nuwe werkpakket klink aanloklik, maar pasop: Jy gaan belasting daarop betaal as jy nie genoeg reis nie. Vra dus jou voornemend­e werkgewer of jy wel genoeg gaan reis om voordeel uit die toelae te trek. Jy kan ’n vaste reistoelae of ’n vergoedend­e reistoelae aangebied word. Met ’n vaste reistoelae word jy slegs op 80% van die toelae belas wanneer jou maandeliks­e belasting bereken word. As jou werkgewer tevrede is minstens 80% van jou motorverbr­uik tydens die belastingj­aar was vir sakedoelei­ndes, word jy net op 20% van die reistoelae belas. Die volle bedrag van jou vaste reistoelae verskyn op jou jaarlikse IRP5. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) (sien sars.gov.za) se vereistes moet jy ’n ritboek hou en al die reisuitgaw­es kan bewys.

Dit werk net vir mense wat baie ry, waarsku Anél di Giannatale van Ghias Accounting Services. As jy nie kan bewys jy reis genoeg vir werk nie, sal jy aan die einde van die belastingj­aar moet inbetaal omdat jy ’n onnodige belastingv­oordeel het. Dieselfde geld vir ’n vergoedend­e reistoelae. Hier vergoed jou werkgewer jou teen R3,61 per km vir die gebruik van jou eie motor, sê Anél. Die toelae is nie belasbaar nie solank jy minder as 8 000 km per jaar ry. Word jy meer as R3,61/km vergoed, of ry jy meer as 8 000 km, word die toelae belasbaar. Ingevolge SAID-vereistes moet jy ’n ritboek hou.

5 WAT IS MY WAARDE?

Kyk op verskillen­de loopbaanwe­btuistes (sien “Kry hier nog raad”) wat die markverwan­te salarisse is vir die pos en vir jou kwalifikas­ies en ervaring. Voornemend­e werkgewers verwag dat jy onderhande­l en is dalk bereid om die aanbod te verhoog.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa