Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Dit is die aand waarop die uitblinker­s van die Afrikaanse musiekbedr­yf hul besige program opsyskuif om vir hul harde werk en talent beloon te word. En soos gewoonlik was hulle in hul blinkste partytjiek­lere uitgedos vir vanjaar se Ghoemaprys­aand, wat op 29 April in Emperors Palace, Kempton Park, gehou is.

“Met ’n vierjarige tweeling (Eliah en Daniël) en ’n sewe maande oue baba (Elah) in die huis, neem dit deesdae heelwat langer om reg te maak,” het die sangeres Karlien van Jaarsveld gebieg. “Maar dis tog so lekker om ’n bietjie uit te kom.”

Sy is deur haar man, Joe Breytenbac­h, vergesel en het in ’n skepping deur Anél Botha geskitter. Karlien het die Ghoema vir beste popalbum en vir die gewildste sangeres gewen.

Maar dit was Jo Black wat skoonskip gemaak het met sy album, Skepe. Hy het sewe Ghoemas huis toe geneem: vir beste verkoper, beste nuweling, beste album, beste digitale album, gewildste liedjie, beste digitale liedjie en gewildste sanger. Alles vir Skepe.

Ook Kurt Darren se vrou, Dunay, was asemrowend in haar Anél Botha-skepping.

Dunay sê dis haar eerste Ghoema-aand in drie jaar. “Met die vorige prysaande was ek óf swanger óf het ek pas ’n baba gehad.” Hulle het ’n dogter, Kyrah (3), en seun, Kade (1).

Die countrysan­ger Manie Jackson het aanhangers verras toe hy saam met sy eksverloof­de, die sangeres Angel de Lange, opdaag. Die twee het in Maart hul verlowing verbreek, maar op hul Facebook-blaaie geskryf hulle is steeds vriende.

Die musiekprom­otor Lydia Winchester het ’n ereprys vir haar lewensbydr­ae tot die musiekbedr­yf ontvang.

Van die ander groot wenners was Kurt en Jay du Plessis, gesamentli­k vir beste popalbum deur ’n man.

Steve Hofmeyr het die prys vir beste kontemporê­re album deur ’n man gewen en was die publiek se gunsteling­sanger.

Juanita du Plessis is as die beste sangeres aangewys.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Lindi en Wynand Delport, van die groep Anders, was die wenners in die kategorie beste geestelike album. REGS: Die sanger Willem Botha was die gasheer van die aand. ONDER: Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst. Hy het die Ghoema vir beste...
BO: Lindi en Wynand Delport, van die groep Anders, was die wenners in die kategorie beste geestelike album. REGS: Die sanger Willem Botha was die gasheer van die aand. ONDER: Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst. Hy het die Ghoema vir beste...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1 Caroline-Grace Brüssow, ’n finalis in The Voice SA, in ’n rok deur El Heathcote. 2 Die verloofde Ivan Botha en Donnalee Roberts was bypassend-elegant in swart. 3 Die Binnelande­rs-akteur Clint Brink se vrou, Steffie van Wyk, het goud gedra. 4 Kurt...
1 Caroline-Grace Brüssow, ’n finalis in The Voice SA, in ’n rok deur El Heathcote. 2 Die verloofde Ivan Botha en Donnalee Roberts was bypassend-elegant in swart. 3 Die Binnelande­rs-akteur Clint Brink se vrou, Steffie van Wyk, het goud gedra. 4 Kurt...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa