Huisgenoot

Coffee Snobs se tweede album is hier – en nog nuwe uitreiking­s MUSIEK

Dié getroude duo se tweede album, Lig, is nou op die rakke – en meer akoesties en organies as hul debuut van 2016

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Ontmoet die Snobs

Vernette en Marius Wessels van Mosselbaai het in 2009 afgehaak nadat hulle mekaar op ’n kerkkamp ontmoet het. Hul debuutalbu­m, Aroma, is in 2016 uitgereik. Vernette is die liedjieskr­ywer en hoofsanger­es van die tweestuks; Marius is die agtergrond­stem en baskitaars­peler.

Toe hulle destyds ’n naam vir die groep moes kies, het die naam Coffee Snobs eintlik so half spontaan gebeur, vertel Marius. “Ons hou van koffie, veral ná ’n braai, maar dit moet ’n goeie koffie wees. Wanneer ons koffie aangebied word, sal Vernette altyd eers vra watter soort koffie dit is. So het ons die spotnaam ‘ koffiesnob­s’ onder vriende gekry.”

Wat om te verwag

“Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend voorkom,” verduideli­k Vernette. “Dit gaan oor dinge wat met ons en ander mense gebeur. Die liedjies word dus geïnspiree­r deur tye van donker en lig, trane en lag, die wind, die see en die stilte.”

Wanneer sy lirieke skryf, het die woorde altyd betrekking op iets in haar lewe in daardie spesifieke stadium, sê Vernette. Die wysie kom gewoonlik eerste, waarna sy lirieke skryf wat by die emosie van die melodie pas. “Maar dit is vir ons belangrik dat die lirieke betekenisv­ol is.”

’n Storie van hoop

In 2011, twee jaar ná hul troue, is kolonkanke­r by Marius gediagnose­er. Hy het intussen ten volle genees, maar dié moeilike tyd het emosionele letsels op die paartjie gelaat. Uit dié ervaring het Vernette die liedjie Noudat die Lig op Jou Skyn geskryf, wat die nuwe album se openingsni­t is.

Wanneer ’n mens swaargekry het en heel aan die ander kant uitkom, moet jy dit met ander deel, glo sy. “So kan jou omstandigh­ede weer iets goeds vir iemand anders beteken.”

 ??  ??
 ??  ?? Die Suid-Kaapse musikante Vernette en Marius Wessels.
Die Suid-Kaapse musikante Vernette en Marius Wessels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa