Huisgenoot

FLIEKS & DVD’S

Fantasie. Met Storm Reid, Oprah Winfrey en Reese Witherspoo­n. Regisseur: Ava DuVernay. y. Begin op 4 Mei. OG.

- Saamgestel deur LARA ATSON

’n Gevaarlike reis met die hulp van drie hemelwesen­s

Waaroor handel dit?

Dié fliek is gegrond op Madeleine L’Engle se boek van 1962. Die 13-jarige Meg Murry (Reid) en haar broer, Charles Wallace (Deric McCabe), se wetenskapl­ike-pa, dr. Alex Murry (Chris Pine), is al vyf jaar soek sedert hy na ’n nuwe planeet gereis het wat hy ontdek het.

Die sibbes pak dan saam met Meg se vriend Calvin (Levi Miller) ’n gevaarlike reis aan om hul pa met die hulp van drie hemelwesen­s te red.

Die nuweling

Storm Reid (14) het klein TV-rolle vertolk voor sy in 2013 haar eerste groot rol as ’n slaafmeisi­e in die Oscar-bekroonde 12 Years a Slave losgeslaan het.

Nou is haar naam op baie mense se lippe nadat sy haar eerste hoofrol gekry het in A Wrinkle in Time. Sy was “baie senuagtig” om die rol van Meg te vertolk, bieg Storm. “Maar om Meg te speel en te ervaar wat sy deurgaan, het my meer selfvertro­ue gegee,” vertel die jong aktrise. M Meg word d onder d meer afgeknou, f k it iets waarmee Storm haar kan vereenselw­ig.

Die drie ‘beskermeng­ele’ Mrs Which

Die Amerikaans­e kletskonin­gin Oprah Winfrey, wat al in flieks soos Selma (2014) te sien was, speel die leier van die drie hemelwesen­s wat die kinders op hul avontuur bystaan. Sy is die slimste van die drie en gee die meeste raad en leidrade om hulle te help om hul pa te vind. Mrs Whatsit Die Big Little Lies-ster Reese Wither- spoon sp se karakter is die jongste van va die drie hemelwesen­s en ietwat iet naïef. Mrs M Who Mindy M Kaling is die enigmaties­ste ti wese van die drie Mrs-karakters. M Byna alles wat sy sê, is ’n aanhaling van iemand ie anders. Sy het heelwat kennis k van al die kulture op aarde. a

Die skrskrywer­e van die boek

L’Engle het amper op haar 40ste verjaardag ophou skryf. Sy het toe op ’n 10 weke lange kampeertog gegaan, wat haar geïnspiree­r het om A Wrinkle in Time te skryf. Meer as twee dosyn uitgewers het die boek verwerp voor dit in 1962 uitgereik is. Tog is dié bekroonde werk die een wat die meeste verbied is, volgens die Amerikaans­e biblioteek­vereniging. Konserwati­ewe Christene het geglo dit bevorder okkultisme en heksery. L’Engle is in 2007 in die ouderdom van 88 jaar oorlede.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Oprah Winfrey (links) en Storm Reid in A Wrinkle in Time. LINKS: Die drie Mrs-karakters is van links Mindy Kaling as Mrs Who, Winfrey as Mrs Which en Reese Witherspoo­n as Mrs Whatsit.
BO: Oprah Winfrey (links) en Storm Reid in A Wrinkle in Time. LINKS: Die drie Mrs-karakters is van links Mindy Kaling as Mrs Who, Winfrey as Mrs Which en Reese Witherspoo­n as Mrs Whatsit.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa