Huisgenoot

Wonderlus die Afrikaanse fliek van die jaar?

- Deur MICHELLE NORTJE

Komedie. Met Edwin van der Walt, Mila Guy en Lea Vivier. Regisseur: Johan Cronjé. Het op 27 April begin. 16DTS.

Waaroor gaan dit?

Die fliek speel af tydens ’n platteland­se bruilof, maar dis nie ’n gewone gelukkige-einde-troue nie. ’n Groep vriende wat vir ’n naweektrou­e bymekaarko­m, bevind hulle in ’n moeilike situasie toe dinge ontspoor. Almal, van die bruidegom (Van der Walt) tot ’n geheimsinn­ige kelnerin (Vivier), moet die volgende oggend die vorige aand se gebeure probeer ontsyfer. Die liefde, en hoe die jong mense sin daarvan probeer maak, word in dié fliek op sy kop gekeer. Wil die bruid (Guy) én bruidegom met die huwelik voortgaan? Dit is maar een van die vrae wat gestel en eindelik beantwoord moet word.

Is dit goed?

As daar een Afrikaanse fliek is wat jy vanjaar moet kyk, is dit Wonderlus. Die regisseur, Johan Cronjé, het ’n wenner beet en die akteurs vertolk hul onderskeie rolle uitstekend. Hou Lea Vivier (nou te sien in die kykNET-sitkom Mense Mense) as die kelnerin gerus dop in ’n rol wat die kyker heeltyd oor haar persoonlik­heid laat wonder. ’n Paar behoudende kykers sal waarskynli­k die oë rek oor die intrige en veral ’n gewaagde seks- toneel. Elke toneel is uitstekend k d geskiet k en die d dialoog verras.

Naas Paljas is Wonderlus sonder twyfel een van die beste Afrikaanse flieks wat ek al gesien het. ’n Mens sal dit weer en weer wil kyk.

 ??  ??
 ??  ?? Ansu Visser (links)) en Lyy nellenelle Kenned. Die volgende dag probeer die gaste die chaos van die bruilof uitpluis. Van links is Adam Heyns, Simoné Nortmann, Stiaan Smith, Beer Adriaanse en Lynelle.
Ansu Visser (links)) en Lyy nellenelle Kenned. Die volgende dag probeer die gaste die chaos van die bruilof uitpluis. Van links is Adam Heyns, Simoné Nortmann, Stiaan Smith, Beer Adriaanse en Lynelle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa