Huisgenoot

Dené ’n vars musikale bries

is reeds Haar onlangse debuutalbu­m Store supergewil­d op die Google Play Dié en iTunes. En hoe dan anders? vars talentvoll­e sangeres is soos ’n bries op ons musiekrada­r

- Deur MYRON WEYERS

Vertel V t l ons meer van jjou R&BBen-popalbum, Unmade Beds.

A:

Hierdie album is geïnspiree­r deur Meryl Streep se woorde op die 2017-Golden Globetoeke­nningsgele­entheid oor haar oorlede vriendin Carrie Fisher: “Take your broken heart, make it into art.” My album vat jou op ’n gebrokehar­t-avontuur. Dis natuurlik nie net ’n hartseersp­ul nie – daar is ook genesing, bemagtigin­g, vergifnis en versoening.”

Hoekom dié titel?

A:

Benewens dat ’n onopgemaak­te bed baie oor die persoon verklap wat daarin slaap, is daar ook die idioom “Soos jy jou bed maak, so sal jy jy gaan slaap”. In die musiekvide­o wys ek hoe ’n paartjie nie alles met mekaar deel nie. Namate die tyd aanstap, raak die gesprek dieper. Ander onderwerpe soos huishoudel­ike omstandigh­ede, rassisme en vooroordee­l duik ook daarin op.

Wie Wie isDenisDen­é?

A:

Sy is dapper. Sy streef elke dag na eerlikheid en opregtheid al kry sy dit nie altyd reg nie. Sy volg partykeer te maklik haar hart, maar dit neem haar ook op ongeloofli­ke avonture. Sy aanvaar die hartseer dinge in die lewe, want daarsonder sou sy nie geluk kon voel nie.

Op watter ouderdom het jy besef jy wil ’n sangeres wees?

A:

Beslis toe ek net ’n gedagte van God was. Musiek was nog altyd deel van my. Ek kon nog altyd lirieke vinniger as skoolwerk onthou. En later het ek sommer my werk in liedjies omskryf en so vir ’n toets of eksamen voorberei. Daar is ook gedurig in die huis musiek gespeel en gedeel. A: Idols is eerste op my lys. As ek nie op 16 aan Idols deelgeneem het nie, sou ek nie vandag my debuutalbu­m kon uitreik nie. Nog een van my hoogtepunt­e was om die volkslied by ’n Varsitybek­er-rugbygelee­ntheid te sing.

Toekomspla­nne?

A:

Ek gaan deur die land toer met my nuwe album en skryf reeds aan my tweede een. Ek wil baie graag ’n Afrikaanse musiekspel skryf en op my nuwe projek, genaamd “eg_ek”, fokus. Dit is ’n Afrikaanse Instagramb­lad waarop ek van my eie en ander se skryfwerk deel.

Gunsteling­kunstenaar­s?

A:

Ek wil Adele en Sam Smith dwing om ’n lied saam te maak en dan daar sit en luister hoe hulle my hart breek (op ’n goeie manier). Lady Gaga en Kendrick Lamar is nog van my gunsteling­e. Ek bewonder ook vir Laurika Rauch, Shekhinah en Freshlygro­und.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa