Huisgenoot

Nadia N en David verklap kleinding se geslag

-

Die aktrise Nadia Beukes en haar man, die sakeman David de Villiers, verwag ’n seuntjie.

En die egpaar is “ongeloofli­k opgewonde”, vertel die Getroud met Rugby-aktrise oor die kleinding wat na verwagting in September sy opwagting gaan maak.

Hulle wou hul baba se geslag op ’n spesiale manier deel en het met die hulp van die fotograwe Elzie Janse van Rensburg en Rudi Silbermann hul studeerkam­er in ’n ateljee omskep. Die paartjie het Balloon Design Academy se hulp ingeroep om met ballonne die geheim te verklap. Toe albei ’n groot, swart ballon bars, het klein, blou ballone daaruit gesweef.

“Nou kan ons eindelik die babakamer se dekor begin beplan, vir oulike klere uitkyk en oor ’n naam besluit.

“Ek en David is albei mense wat daarvan hou om te beplan en voorbereid te wees,” sê Nadia.

Sy was aan die begin van haar swangerska­p naar en moeg.

“Dit het egter ná die eerste drie maande heelwat beter geword. Deesdae het ek soveel energie en take wat ek wil afhandel dat ek die mense om my moeg maak.”

Sy probeer gesond eet, “maar raak nou en dan lus vir roomys, waatlemoen, enigiets wat suur is en ’n Hawaise pizza”. En waarna sien sy die meeste uit? “Al die opwinding oor die koms van ons kleinding. Dit is ’n hele nuwe fase vir my en David, ’n hoofstuk wat ons bladsy vir bladsy skryf en waarna ons albei uitsien. Ek is elke dag dankbaar ons baba is gesond en groei mooi, en ek besef keer op keer om swanger te wees is ’n wonderlike voorreg.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Sy en David was bly toe blou ballonne binne die swart ballonne was. “Ons het nie ons hart op ’n geslag gesit nie, maar net gebid vir ’n gesonde baba.” REGS: Vir die fotosessie het Nadia gestraal in ’n rok deur Preez Fashion en juweliersw­are deur...
LINKS: Sy en David was bly toe blou ballonne binne die swart ballonne was. “Ons het nie ons hart op ’n geslag gesit nie, maar net gebid vir ’n gesonde baba.” REGS: Vir die fotosessie het Nadia gestraal in ’n rok deur Preez Fashion en juweliersw­are deur...
 ??  ?? BO: Balloon Design Academy het Nadia Beukes en manlief David de Villiers gehelp om met blou ballonne hul baba se geslag te verklap. HEEL BO: Sy is deur Joeann de Wet van die JB Make-Up School vir die spesiale fotosessie opgedollie.
BO: Balloon Design Academy het Nadia Beukes en manlief David de Villiers gehelp om met blou ballonne hul baba se geslag te verklap. HEEL BO: Sy is deur Joeann de Wet van die JB Make-Up School vir die spesiale fotosessie opgedollie.
 ??  ?? LINKS: Elzie Janse van Rensburg van EV Art Production­s en Rudi Silbermann van Silber Studio het die groot oomblik op kamera verewig.
LINKS: Elzie Janse van Rensburg van EV Art Production­s en Rudi Silbermann van Silber Studio het die groot oomblik op kamera verewig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa