Huisgenoot

REGTERBESL­IS TEENMADGE

-

Madonna en Tupac het glo heimlik uitgegaan, maar uitgemaak ’n jaar voor die rapper (25) in 1996 doodgeskie­t is.

Die popikoon Madonna het haar regstryd verloor om ’n liefdesbri­ef van ’n gewese kêrel, die oorlede rapper Tupac Shakur, terug te kry.

Die brief was deel van ’n versamelin­g persoonlik­e items, soos onderklere en ’n haarborsel met van sy hare daaraan, wat haar eksvriendi­n Darlene Lutz gaan laat opveil.

In die handgeskre­we brief vra die rapper Madonna verskoning en sê sy beeld sou daaronder gely het as hy met ’n wit vrou uitgegaan het. “Dat jy saam met ’n swart man gesien word, sal geensins jou loopbaan in gevaar stel nie. Dit sal jou trouens baie oper en opwindende­r laat lyk,” skryf hy. “Maar ek het gevoel ek sou die helfte van my aanhangers in die steek gelaat het deur iemand anders te wees as wie hulle gedink het ek is. Ek het nooit bedoel om jou seer te maak nie.”

Die 59-jarige het in Julie 2016 ’n tydelike verbod op die verkoop van die items verkry deur ’n New Yorkse hof te vertel haar glansstatu­s “kanselleer nie my reg op privaathei­d nie, en dit t sluit uiters persoonlik­e items in”.

Maar ’n New Yorkse regter het onlangs die sangeres se hofsaak teen haar gewese vriendin uitgegooi. Regter Gerald Lebovits het beslis die saak het verjaar.

Wanneer die veiling in Julie plaasvind, sal die bieëry op die drie bladsye lange brief wat 15 Januarie 1995 gedateer is by R1,25 miljoen begin.

 ??  ?? o BO: Allison Mack. ONDER: Saam met Tom Welling (Clark Kent) in Smallvil Smallville, wat van haar ’n beke bekende aktrise gemaak h het.
o BO: Allison Mack. ONDER: Saam met Tom Welling (Clark Kent) in Smallvil Smallville, wat van haar ’n beke bekende aktrise gemaak h het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa