Huisgenoot

BRAAIRIBBE­TJIE EN TUISGEBAKT­E BROODROLLE­TJIES

-

Die ribbetjies word in die oond gaargemaak, maar dit kan ook oor die kole gebraai word. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 20 min. (marinade en sous); 1 uur 15 min. (ribbetjie); 30 min. (rolletjies) MARINADE 1 rooi brandrissi­e 3 cm-stuk gemmer

wortel, gerasper 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 160 ml (²⁄₃ k) appel-

sap 45 ml (3 e) tamatie

sous 15 ml (1 e) Dijon

mosterd 100 ml sojasous 125 ml (½ k) bruin

suiker VLEIS 1,6 kg varkribbet­jie sout en peper APPELSOUS 1 blik (385 g) tert

appels 1-2 lemoene se sap

en 1 se skil 15 ml (1 e) suiker na smaak AFRONDING wilderoket­blare 1 kg brooddeeg,

in bolletjies gerol

Voorverhit die oond tot 200 ºC.

1 Marinade Meng al die sousbestan­ddele in ’n kastrollet­jie, roer en kook sowat 10 min. tot lekker geurig.

2 Vleis Plaas die ribbetjie in ’n oondbak en giet die marinade oor. Vryf goed in die vleis in. Geur met sout en peper. Bedek met foelie. Oondbak sowat ’n uur of tot die vleis van die been af wegtrek. Verf gereeld met die marinade. Oondbraai nog sowat 15 min. onbedek of tot lekker bruin (dit kan ook oor die kole gebraai word).

3 Appelsous Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrol; kook tot sag en geurig.

4 Braai die broodbolle­tjies in ’n riffelpan oor matige hitte tot gaar of pak op ’n bakplaat wat goed met meel bestrooi is. Bak 30-40 min. saam met die ribbetjie in die oond. Dis reg as dit hol klink wanneer daarop geklop word. 5 Afronding Sny die ribbetjie in happies en sprinkel roketblare oor. Sit voor saam met sous, broodrolle­tjies, botter en slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa