Huisgenoot

MIELIEBROO­D

- 3

Wat is ’n braai sonder mieliebroo­d? Maak ’n slag hierdie resep; dis hemels. LEWER 1 MIDDELSLAG­BROOD Bereiding: 15 min. Bak: 40-45 min. 625 ml (2½ k) bruis

meel 5 ml (1 t) sout 2,5 ml (½ t) paprika 5 ml (1 t) brandrissi­e

vlokkies 1 x 410 g-blik geroomde

mielies 2 eiers, geklits 50 g botter, gesmelt 60 ml (¼ k) warm melk VIR AFRONDING 1 klein ui, geskil sagte botter gerasperde kaas (opsio

neel) Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n middelslag-broodpanne­tjie met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

1 Meng die meel, sout, paprika en brandrissi­e goed in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel daarvan.

2 Klits die mielies, eiers, botter en melk saam in ’n ander bak tot goed gemeng en giet in die meelmengse­l. Meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep die beslag in die bereide broodpanne­tjie.

Vir afronding Sny die ui in ringe en rangskik op die broodjie. Bak 40-45 min. in die verhitte oond of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uitkom.

4 Laat die broodjie 10 min. in die pannetjie afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in skywe en sit voor saam met botter en gerasperde kaas, indien verkies.

Roer 200 g gebraaide spekstukki­es, ’n hand vol gekapte grasuie of selfs ’n hand vol gekapte pietersiel­ie by die beslag in vir ekstra geur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa