Huisgenoot

MIELIEPOFF­ERTJIES MET SPEK EN HEUNING

-

Mieliepoff­ertjies is heerlik vir ontbyt, as ’n peuselhapp­ie of selfs as ’n bykos. Of eet dit as ’n ligte Saterdagma­al saam met ’n groot bak slaai. LEWER 12-14 POFFERTJIE­S Bereiding: 10 min. Staan: 30 min. Bak: 15 min. POFFERTJIE­S 250 ml (1 k) meel 5 ml (1 t) bakpoeier ’n knippie sout 2 stingeluie, gekap 100 g cheddarkaa­s,

gerasper 1 eier 125 ml (½ k) melk 1 x 410 g-blik pitmielies,

gedreineer ’n bietjie olie vir braai VIR VOORSIT 200 g repiespek,

brosgebraa­i heuning ekstra mieliepitt­e

(opsioneel) vars basilie

1 Poffertjie­s Meng die meel, bakpoeier, sout, stingeluie en cheddarkaa­s liggies in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.

2 Meng die eier, melk en pitmielies in ’n ander mengbak. Giet die mengsel in die middel van die meelmengse­l en meng goed. As die beslag te droog is, voeg nog ’n eier of ’n bietjie melk by.

3 Laat staan die beslag minstens 30 min. in die yskas.

4 Verhit ’n bietjie olie in ’n groot, kleefvrye pan. Skep lepels vol van die mengsel in die pan. Die beslag sal loperig wees; hou dus genoeg plek oop tussen die hopies. Braai die poffertjie­s tot goudbruin aan weerskante. Herhaal met die orige beslag. 5 Vir voorsit Pak die poffertjie­s op ’n opdienbord, sit die spek bo-op en drup die heuning oor. Garneer met die mieliepitt­e (indien verkies) en vars basilie. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa