Huisgenoot

MIELIESALS­ASLAAI

-

Dis die ideale bykos vir pap en wors of selfs as peuselhapp­ie saam met nacho’s; ’n lekker snoepery vir vegetariër­s. GENOEG VIR 4-6 MENSE (AS BYKOS) Bereiding: 10 min. Staan: 30 min. 6 gaar mielies of 2 x 410 g-blikkies pitmielies 1 x 410 g-blik rooi nierboontj­ies, afgespoel en gedreineer 60 ml (¼ k) gepekelde

jalapeñosk­yfies, fyner gekap, of 1 vars jalapeño, fyngekap 1 rooi soetrissie, pitte uitgehaal en in blokkies gesny 1 groen soetrissie, pitte uitgehaal en in blokkies gesny 1 rooi-ui, gekap ’n hand vol koljander

blare, gekap 100-150 g biltongrep­ies

(opsioneel) 30 ml (2 e) olyfolie suurlemoen­sap,

na smaak sout en vars gemaalde

peper VIR VOORSIT

nacho’s

1 Sny die mielies van die stronke af (of gebruik die geblikte pitmielies) en skep in ’n mengbak.

2 Voeg die boontjies, jalapeños, soetrissie­s en rooi-ui by en meng liggies. Moenie te veel roer nie, anders sal die boontjies gekneus raak en pap word.

3 Voeg die koljanderb­lare, biltong (indien gebruik) en olyfolie by die mieliemeng­sel. Geur met ’n goeie skeut suurlemoen­sap en die sout en vars gemaalde peper na smaak.

4 Meng weer liggies en laat staan minstens 30 min. in die yskas.

5 Vir voorsit Sit die slaai voor as ’n salsa saam met nacho’s of as bykos saam met pap en braaivleis.

Hierdie slaai raak ál lekkerder hoe langer dit in die yskas staan – maak dit ’n dag of twee voor die tyd, indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa