Huisgenoot

LAMSBURGER­S MET GEROOSTERD­E ROOI SOETRISSIE EN TZATZIKI

-

“Lamsburger­s kan, nes kruisskyf, halfgaar voorgesit word,” sê Edu. “’n Burger wat 2025 mm dik is, kan sowat 5-7 min. per kant vir halfgaar gebraai word.” GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 5-7 min. MAALVLEISK­OEKIES 1 kg lamsmaalvl­eis of ’n mengsel van lams- en biefmaalvl­eis 1 ui, fyngeraspe­r 2 knoffelhui­sies,

fyngeraspe­r 10 ml (2 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander 1,25 ml (¼ t) fyn kaneel 2,5 ml (½ t) gemengde

speserye lekker groot skeut

worcesters­ous 30 ml (2 e) vars pieter

sielie, fyngekap 1 eier SAMESTELLI­NG 6 vars gebakte Portu

gese rolletjies, gehal-

veer en gerooster 2 rooi soetrissie­s,

met olie geverf roketblare TZATZIKI 500 ml (2 k) natuurlike

dubbelroom­jogurt ½ komkommer, gehalveer, pitte verwyder en baie fyngeraspe­r (druk alle sap uit die gerasperde komkommer) 2 knoffelhui­sies,

fyngeraspe­r 15 ml (1 e) ment,

fyngekap 15 ml (1 e) vars koljanderb­lare, fyngekap 1 Maalvleisk­oekies Meng alles en verdeel in 6 vleiskoeki­es. Plaas vir sowat 30 min. in die yskas.

2 Samestelli­ng Sit die soetrissie­s in ’n oondpan en gooi ’n skeut water by. Rooster tot die rissies se velletjies begin blase maak. (Jy kan dit ook oor die kole doen). Koel in ’n plastieksa­k af en trek die velletjies af. Sny in 6 stukke.

3 Braai die vleiskoeki­es sowat 5-7 min. of tot bruin maar steeds effens pienk binne in ’n warm riffelpan of oor warm kole.

4 Tzatziki Meng alles. 5 Bou jou eie burger met ’n rolletjieh­elfte, vleiskoeki­e, geroosterd­e soetrissie, roketblare en tzatziki bo-op. Sit voor saam met gebraaide aartappelw­iggies.

Vir ’n beet-tzatziki: Dreineer en meng ’n 405 g-bottel gepiekelde, gerasperde beet met 500 ml (2 k) dubbelroom­jogurt, 30 ml (2 t) gekapte ment, 1 fyngedrukt­e knoffelhui­sie en 15 ml (1 e) olyfolie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa