Huisgenoot

MAROKKAANS­E LAMSKRUISS­KYF MET OONDGEBAKT­E PERE

-

Moet asseblief nie lam oorgaar maak nie, sê Edu. “Lam kan, nes bief, halfgaar voorgesit word. Maak die vleis ’n kort tydjie ordentlik oor warm kole skrik om die geskroeide kors te kry wat ’n heerlike soet smaak aan die vet met die speserye daarop gee.” GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 25-30 min. LAM 1 lamskruiss­kyf ( rump) van sowat 300 g Marokkaans­e speserymen­gsel na smaak 3 pere 30 ml (2 e) heuning 30 ml (2 e) botter ’n hand vol vars roosmaryn ’n hand vol vars tiemie SOUS ½ ui, fyngekap 1 knoffelhui­sie,

fyngekap 125 ml (½ k) sjerrie of

rooiwyn 125 ml (½ k) bief

aftreksel 200 ml room Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Lam Vryf die lam goed met die Marokkaans­e speserymen­gsel in. Laat rus minstens 1 uur.

2 Sny die pere in skywe. Smelt die heuning en botter saam en verf die peerskywe daarmee. Hou eenkant.

3 Maak ’n riffelpan baie goed warm; panrooster die kruisskyf tot mooi bruin reg rondom.

4 Plaas die vars roosmaryn en tiemie in die middel van ’n bakplaat. Plaas die kruisskyf bo-op die vars kruie en oondbraai 25-30 min.

5 Haal ná 15 min. die kruisskyf uit die oond en pak die pere reg rondom.

6 Plaas terug in die oond en bak nog sowat 15 min. Verwyder uit die oond en laat die vleis 15 min. rus.

7 Sous Plaas die oondpan oor lae hitte op die stoof, voeg die fyngekapte ui, knoffel en sjerrie of rooiwyn by. Laat dit alles ’n rukkie saam prut sodat die alkohol kan verdamp. Voeg dan die biefaftrek­sel by. Al die heerlike pansouse vermeng nou vir die sous. Roer dit goed deur, voeg die room by, laat dit sowat 1 min. prut en skakel die plaat af.

8 Voorsit Sny die kruisskyf in dun skywe en sit voor saam met ’n patatpuree gegeur met tiemie en neutmuskaa­t. Giet die sous oor en garneer met oondgebakt­e pere.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa