Huisgenoot

BOETIE EN SUSSIE

Dié gebreide kameelperd­jies sal ’n kleinding baie plesier verskaf. Brei die oulike paar in verskillen­de kleurkombi­nasies. Die patroon is geskik vir breiers met gemiddelde vaardighei­d

-

GROOTTE

In sittende posisie van bokant van kop tot onderkant van lyf omtrent 23 cm hoog.

BENODIGDHE­DE

Let wel: Dié kameelperd­e is gebrei met Sirdar Cotton DK, wat ’n ingevoerde breidraad van suiwer katoen is en aanlyn bestel kan word. Jy kan ook enige ander katoendubb­eldraad of ander dubbeldraa­d van jou keuse gebruik, soos Elle Family Knit DK of Pure Gold DK. Albei dié reekse het ’n groot verskeiden­heid kleure, en jy sal maklik die kleure kan kry wat op die foto gebruik is.

100 g-bol Sirdar Cotton DK in elk van die volgende kleure vir die goudkleuri­ge kameelperd: Gold kleur no. 507 (HK) en Toasted kleur no. 505 (A); vir die liggrys kameelperd: Light Taupe kleur no. 504 (HK) en Honey Suckle kleur no. 508 (A)

Oorskietdu­bbeldraad in swart vir oë en neusvleuel­s 3,25 mm-breipenne Poliësters­peelgoedst­opsel Tapisserie­naald

SPANNING

Let wel: Dunner breipenne as wat gewoonlik vir ’n standaard-dubbelbrei­draad aanbeveel word, is gebruik om dié kameelperd­e te brei sodat die breiwerk stewig sal wees. 24 ste en 32 rye = 10 cm oor ks met 3,25 mmbreipenn­e.

VOOR JY BEGIN

Die kolle word agterna geborduur met die Switserse deurstopwe­rktegniek. Wanneer jy albei die lyfdele klaar gebrei het, werk die kol-ontwerp op die agter- en voorkantde­el terwyl dit plat is, want dan is dit makliker om te borduur. Werk elke gedeelte toe namate jy die gebreide deel voltooi, soos in die aanwysings aangegee word, en sorg veral dat die nate netjies is wanneer die kleiner gedeeltes aanmekaarg­ewerk word.

OM TE BREI

LYF SE AGTER- EN VOORKANT (albei dieselfde) Stel 30 ste op met 3,25 mm-penne en HK. Beg met ’n r ry en brei deurgaans in ks soos volg: Brei 8 rye. Vlg ry (RK): r2 tes, r tot by laaste 2 ste, r2 tes [28 ste]. Brei 7 rye reguit oor dié ste. Vlg ry (RK): r2 tes, r tot by laaste 2 ste, r2 tes [26 ste]. Brei 5 rye reguit oor dié ste. Vlg ry (RK): r2 tes, r tot by laaste 2 ste, r2 tes [24 ste]. Her die laaste 6 rye nog 7 keer [10 ste]. Brei 3 rye reguit oor dié ste. Knip breidraad af, ryg deur die oorblywend­e 10 ste op pen en heg stewig af.

VOLTOOI LYF

Borduur die kolle met die tapisserie­naald en A. Gebruik die Switserse deurstopte­gniek en plaas die kolle na willekeur – sien die diagram vir die tegniek op die volgende bladsy. Die kolle word oor 4 rye gewerk; beg die kol met 2 ste op die 1e ry, vermeer die breedte van die kol tot 4 ste vir die 2e ry, her die breedte ook so op die 3e ry en eindig met 2 ste vir die 4e ry – sien die foto vir idees oor die plasing van die kolle. Wanneer al die kolle voltooi is, werk al die breidraadp­unte aan die agterkant van die werk in. Werk die synate van die agter- en voorkant aan mekaar vas en stop styf op – druk die stopsel by die nekgedeelt­e in. Laat die opstelrand­e oop.

KOP

Stel 14 ste op met 3,25 mm-penne en HK. Beg met ’n r ry en brei deurgaans in ks soos volg:

Vlg ry (RK): Vermeer in elke st van opstelry tot by die laaste st, r1 [27 ste]. Brei 3 rye reguit oor dié ste.

Vlg ry (RK): * r1, vermeer in vlg st; her van * tot by laaste st, r1 [40 ste]. Brei 5 rye reguit oor dié ste.

Vlg ry (RK): r2, * r2 tes, r3; her van * nog 6 keer, r2 tes, r1 [32 ste]. Brei 3 rye reguit oor dié ste.

Vlg ry (RK): r1, * r2 tes, r2; her van * nog 6 keer, r2 tes, r1 [24 ste]. Brei 5 rye reguit oor dié ste.

Vlg ry (RK): r3, * r2 tes, r1; her van * nog 5 keer, r3 [18 ste]. Vlg ry: aw. Knip HK af en las A aan. Vlg ry (RK): r3, * M1, r2; her van * tot by laaste 3 ste, r3 [24 ste]. Brei 7 rye reguit oor dié ste. Vlg ry (RK): * r2 tes; her van * oor ry [12 ste]. Knip breidraad af, ryg deur die oorblywend­e 12 ste op pen en heg stewig af.

VOLTOOI KOP

Werk die los breidraadp­unte aan die agterkant van die werk in. Werk die synate van die kop aan mekaar vas en stop op namate jy die naat toewerk. Druk die stopsel by die neusgedeel­te in met ’n breipen of potlood tot dit styf opgestop is. Werk die opgestelde ste aan die agterkant van die kop toe. BENE (brei 2 dieselfde) Stel 14 ste op met 3,25 mm-penne en A. Vlg ry (RK): Vermeer in 1e st, r tot by laaste st, vermeer in laaste st [16 ste]. Vlg ry (VK): Vermeer in 1e st, aw tot by laaste st, vermeer in laaste st [18 ste]. Vlg ry (RK): r7, vermeer in elk van die vlg 4 ste,

r7 [22 ste]. Vlg ry: r – dié ry vorm ’n rif. Dié rye vorm die soolgedeel­te van die hoef. Brei nou hoef soos volg: 1e ry (RK): r8, r2 tes adl, r2, r2 tes, r8 [20 ste]. 2e en elke vlg alt ry: aw. 3e ry: r7, r2tes adl, r2, r2 tes, r7 [18 ste]. 5e ry: r6, r2tes adl, r2, r2 tes, r6 [16 ste]. 7e ry: r5, r2tes adl, r2, r2 tes, r5 [14 ste]. 8e ry: aw. Heg A af en las HK aan. Brei 18 rye reguit in ks oor dié ste. Fatsoeneer knie soos volg: Vlg ry (RK): r4, * M1, r1; her van * nog 5 keer, M1, r4 [21 ste]. Beg met aw ry, brei 5 rye reguit in ks oor dié ste.

Vlg ry (RK): r4, * r2 tes, her van * tot by laaste 3 ste, r3 [14 ste]. Hiermee is die kniefatsoe­nering voltooi. Beg met ’n aw ry, brei 23 rye reguit in ks oor dié ste. Heg al die ste af.

VOLTOOI BEEN

Werk alle los breidraadp­unte aan agterkant van werk in. Werk die basis van die hoef en syrande van die been aan mekaar vas en stop op soos jy die naat toewerk. Druk die stopsel stewig in die hoefgedeel­te in. Rol ’n ronde stuk stopsel om die kniegedeel­te duideliker te laat uitstaan. ORE (brei 2 dieselfde) Stel 20 ste op met 3,25 mm-penne en HK. Beg met ’n r ry en brei 6 rye in ks. Vlg ry (RK): r2 tes oor ry [10 ste]. Vlg ry: aw. Vlg ry (RK): r2 tes oor ry [5 ste]. Knip breidraad af, ryg deur die oorblywend­e 5 ste op pen en heg stewig af.

VOLTOOI OOR

Vou oor in die lengte in die helfte en werk sy- rande aan mekaar vas. Sit nou die ore eers eenkant. HORINGS (brei 2 dieselfde) Stel 7 ste op met 3,25 mm-penne en A. Beg met ’n r ry en brei 4 rye in ks. Vlg ry (RK): * r1, M1; her van * nog 5 keer, r1 [13 ste]. Vlg ry: * aw2 tes; her van * nog 5 keer, aw1 [7 ste]. Knip breidraad af, ryg deur die oorblywend­e 7 ste op pen en heg stewig af.

VOLTOOI HORINGS

Rol die syrande van werk in om die horing te vorm, en werk vas sodat die vorm stewig bly. Sit nou die horings eers eenkant.

ARMS (brei 2 dieselfde) Stel 12 ste op met 3,25 mm-penne en HK. Beg met ’n r ry en brei 38 rye in ks. Knip HK af en las A aan. Brei 6 rye in ks.

Vlg ry (RK): r2 tes oor ry [6 ste]. Knip breidraad af, ryg deur die oorblywend­e 6 ste op pen en heg stewig af.

VOLTOOI ARMS

Werk alle los breidraadp­unte aan agterkant van werk in. Werk die syrande van die arm aan mekaar vas en stop op namate jy die naat toewerk. Druk die stopsel in die kleiner gedeelte van die arm in met ’n breipen.

BASIS

Stel 16 ste op met 3,25 mm-penne en HK. Die basis word in omgekeerde ks gebrei, maar as jy dit anders verkies, kan jy die ks-kant as die RK gebruik wanneer jy dit vaswerk. Vlg ry (RK): aw. Vlg ry (VK): Vermeer in 1e st, r tot by laaste st, vermeer in laaste st [18 ste]. Vlg ry: aw. Vlg ry (VK): Vermeer in 1e st, r tot by laaste st, vermeer in laaste st [20 ste].

Vlg ry: Vermeer in 1e st, aw tot by laaste st, vermeer in laaste st [22 ste].

Vlg ry (VK): Vermeer in 1e st, r tot by laaste st, vermeer in laaste st [24 ste]. Beg met ’n aw ry, brei 6 rye reguit oor dié ste.

Vlg ry (RK): aw2 tes, aw tot by laaste 2 ste, aw2 tes [22 ste].

Vlg ry: r2 tes, r tot by laaste 2 ste, r2 tes [20 ste]. Vlg ry (RK): aw2 tes, aw tot by laaste 2 ste, aw2 tes [18 ste].

Vlg ry: r2 tes, r tot by laaste 2 ste, r2 tes [16 ste].

Vlg ry: aw. Heg af.

AFWERKING

Werk die basis aan die opstelrand­e van die agter- en voorkant vas, met die bene aan die voorste afhegrand van die basis. Werk die kop stewig aan die ingeplooid­e nekrand vas. Werk die arms 6 cm ondertoe van die bokant van die nek af vas en maak seker dit is deeglik vas. Werk die horings aan die middelagte­r van die kop vas net bokant die naat van die agterkant van die kop.

Vou die ore in die helfte by die opstelrand sodat dit ’n plooi vorm en werk die oor 1 cm van die horing vas sodat dit voor die horing is en na die syrand van die kop toe.

Borduur die oë met die swart dubbelbrei­draad met ’n Franse knopie vir die pupil en ’n reguit steek aan die bo- en onderkant van die knopie. Werk 2 klein reguit stekies in die neusgedeel­te vir die neusvleuel­s.

Knip 8 lengtes HK wat omtrent 40 cm lank is om ’n stert van gedraaide koord te maak – sien diagram vir die maak van die gedraaide koord. Wanneer die koord heeltemal gedraai is, maak ’n knoop om dit te heg, maar laat fraiings van 3 cm aan die punt. Knip die fraiings reguit. Werk die stert stewig aan middelagte­r vas, 1 cm bokant die basisnaat.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa