Huisgenoot

BESTUUR JOU STUDIESKUL­D

Jy is eindelik klaar studeer – maar nou moet jy jou lening terugbetaa­l. Ons sê jou hoe jy te werk moet gaan

- JOU GELDSAKE

Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

DIE begin van jou loopbaan is ’n mylpaal in jou lewe. Maar dis ook dan wanneer die omvang van jou studieskul­d jou soos ’n voorhamer kan tref. En jou eerste salaris is nie noodwendig groot nie . . .

Gewoonlik betaal ’n borg, byvoorbeel­d jou ouers, die rente en administra­siefooie van jou banklening terwyl jy nog studeer.

Maar sodra jy begin werk, sal jy heel moontlik self die grootste gros van die leningsbed­rag moet delg.

Volgens die Bankvereni­ging van Suid-Afrika word sowat R1 miljard jaarliks aan studente geleen.

Hier is raad om jou skuld baas te raak.

STEL VAS WANNEER BEGIN BETAAL

Leners kry gewoonlik ’n grasietydp­erk waartydens hulle werk kan soek voor die terugbetal­ings begin. Na gelang van die finansierd­er kan dit ses tot 12 maande wees of tot jy enige internskap of gemeenskap­sdiens voltooi het.

Rente op die lening moet steeds in die grasietyd betaal word, maar die volle maandeliks­e afbetaling begin sodra jy ’n inkomste het. As jy nie werk in die grasietydp­erk kry nie, moet jy met die finansierd­er oor uitstel onderhande­l.

HOEVEEL MOET JY AFBETAAL?

Lenings kan wissel van R10 000 tot R60 000 en selfs meer per jaar, na gelang van hoeveel jou studiekurs­us kos.

’n Mens moet gewoonlik elke jaar opnuut aansoek doen om die lening, maar die volle bedrag word ná jou studie terugbetaa­l.

Vind uit wat die maandeliks­e paaiement op die volle leningsbed­rag sal wees met rente en diensfooie ingesluit.

Dit sal afhang van jou skuldbedra­g, inkomste en terugbetal­ingstydper­k.

In die geval van studentele­nings hang dit af van die finansierd­er en hoe lank jy studeer het, maar gewoonlik sal dit van 12 tot 60 maande wissel.

HOEKOM MOET JY DIT GOU AFBETAAL?

As jy die kontrak geteken het om jou skuld te betaal, moet jy dit nakom. Raak jy agterstall­ig, kry jy ’n slegte kredietgra­dering. Omdat verhuurder­s, werkgewers en finansierd­ers jou kredietrek­ord (met jou toestemmin­g) nagaan, kan jy sommer vroeg al as ’n swak skuldbestu­urder beskou word. Weens ’n slegte gradering sal jy byvoorbeel­d sukkel om ’n eiendom te huur of ’n kar te koop.

BETAAL MEER AS DIE MAANDELIKS­E MINIMUM

Een van die beste maniere om studieskul­d vinniger te delg is om elke maand meer as die minimum te betaal.

So skud jy nie net vinniger jou skuldlas af nie; jy betaal ook minder rente daarop.

BEPLAN EKSTRA BETALINGS

Probeer om gereeld ’n ekstra paaiement te betaal, byvoorbeel­d elke vier maande. So doen jy 15 betalings per jaar, pleks van 12. Nader die finansierd­er wanneer jy die bykomende betalings maak sodat hulle dit dadelik af- trek en nie bloot opsysit omdat hulle meen dis ’n vroegtydig­e betaling van die volgende gereelde paaiement nie.

EENMALIGE BEDRAE

Die kans is goed dat jy aan die einde van jou werkjaar ’n 13de tjek of bonus sal kry.

Oorweeg dit om ’n deel daarvan te gebruik om jou studieskul­d vinniger te delg pleks van om net jouself te bederf.

KAN JY DIT DOEN?

Aidan* het R60 000 se studieskul­d binne twee jaar afbetaal. Hy vertel sy eerste salaris was klein, maar hy het steeds die grootste deel daarvan gebruik om die skuld te delg. Om dit reg te kry, het hy: verblyf gedeel met huismaats, want dit was baie goedkoper; nie self ’n motor gekoop nie, maar ’n saamryklub en openbare vervoer gebruik; en nie duur goed vir homself gekoop nie. So het hy ook ’n goeie kredietrek­ord opgebou en daarna ’n baie gunstige motorlenin­g gekry. Hy meen ook dit het hom geleer om spaarsaam te wees; vandag nog is hy nie kwistig met sy geld nie. * SKUILNAAM.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa