Huisgenoot

WIL SKEI NÁ 40 JAAR SAAM

-

Ek is al vier dekades lank met ’n alkoholis getroud wat elke dag ’n bottel whisky uitdrink. Ons het drie kinders saam.

Hy het ’n kind gehad voor ons getroud is en het ook tydens ons huwelik ’n kind by iemand anders verwek.

Hy het heeltyd buite-egtelike verhouding­s. Ek het dit jare lank verduur, maar kan nou nie meer nie.

Hy loop met kondome in sy sak rond en ek het Viagra in sy kar gekry.

EI op J

Ek kan my nie eens voorstel met watter vernederin­g jy moet saamleef nie. Gun jouself ’n lewe sonder hierdie man wat jou die waardighei­d van huwelikstr­ou ontsê het. Met sy rondslaper­y kan hy jou ook seksueel oordraagba­re siektes gee. Hy verdien geen verdere kanse nie.

Daar sal goeie redes wees waarom jy juis nou tot ’n besluit wil kom; daarom moet jy dadelik daarvan werk maak.

Moontlik het jy tot dusver nie ’n behoorlike steunstels­el gehad om ’n nuwe lewe alleen aan te pak nie. Of dalk is jy finansieel van hom afhanklik en het dit jou gekeer.

Om ’n sukses van hierdie reusespron­g te maak, spreek vooraf ’n prokureur en stel vas wat jou regte ingevolge jul huweliksbe­deling is: of julle binne of buite gemeenskap van goedere getroud is.

Moenie hierdie drastiese veranderin­g in jou lewe alleen aanpak nie. Berading kan jou help om moed te hou en sterk in jouself te word sodat jy nie voor sy manipulasi­e of valse beloftes sal swig nie.

Met ’n berader se hulp kan jy ook besluit hoe jy die nuus aan jul kinders sal oordra en hulle oor jou nuwe lewe vorentoe gerusstel.

Maak seker jy weet waarheen jy kan gaan en wie jou kan help wanneer jy hom verlaat sodat jy nie dalk noodgedwon­ge hoef terug te gaan nie. Stel jou veiligheid eerste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa