Huisgenoot

Ook op die silwerdoek

- – PIETER VAN ZYL

BLOCKERS Komedie. Met Leslie Mann, John Cena en Kathryn Newton. Regisseur: Kay Cannon. 16DSNT. Waaroor gaan dit?

Dis matriekafs­keid en jou dogter los haar skootreken­aar en WhatsApppr­ofiel oop. Die een ná die ander suggestiew­e emoji pop op die skerm op: ’n eiervrug, ’n oliebol, vingerteke­ns . . . En dan “#Sexpact201­8”. Dis duidelik sy en haar vriendinne wil hul maagdelikh­eid vaarwel toeroep op hierdie aand tussen kindwees en volwassenh­eid. Wat sou jy doen?

Wel, hierdie drie ouers – Lisa (Leslie Mann van How to Be Single), Mitchell (WWE se John Cena) en Hunter (Ike Barinholtz van Bad Neighbors) – sal die wêreld versit om ’n stokkie voor dié plan te steek.

Is dit goed?

Die jong akteurs vertolk ’n groepie Millenniër­s wat baie meer oopkop oor seks dink as hul ouers; veral die jong vroue se benadering is verfrissen­d en spreek van bemagtigin­g. Daar is tye dat dit ’n bietjie te erg politiek korrek aangedik word.

Dis ’n tienerseks­komedie vir dié nuwe generasie; dít wat Porky’s, Revenge of the Nerds en American Pie vir vorige geslagte was. Dit vat ’n rukkie om daarmee gemaklik te voel om jongelinge in sulke erotiese situasies te sien, maar dit word deur die ouer garde se manewales gebalansee­r. Maak jou gereed vir toilethumo­r, harige boude, ’n geswets en eksplisiet­e naaktheid.

As dit iets is wat jy saam met jou kinders kan gaan kyk sonder om ineen te krimp, kan dit ’n prettige aanknoping­spunt wees om openlik oor lakenkaske­nades te praat.

 ??  ?? Van links is Ike Barinholtz, Leslie Mann en John Cena in ’n toneel uit die gewaagde komedie Blockers.
Van links is Ike Barinholtz, Leslie Mann en John Cena in ’n toneel uit die gewaagde komedie Blockers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa