Huisgenoot

Nuut op die rakke

Geniet ’n nuwe (of nie) stem

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIS ’ n boek wat die mense gaan laat praat deur ’n skrywer sonder ’n naam. Want daar bestaan nie ’n Lodewyk G. du Plessis nie. Die werklike skrywer van Die Dao van Daan van der Walt is suinig met sy woorde wanneer hy uitgevra word oor sy anonimitei­t.

“Ek is ’n privaat persoon en soek nie publisitei­t nie. Lees die boek!”

In die verlede het anonimitei­t dikwels platgeval, soos in die geval van The Stig, die anonieme wonderjaer in die Britse TV-program Top Gear. Toe sy identiteit eindelik bekendgema­ak word, was dit ’n groot teleurstel­ling omdat hy totaal onbekend was. Op die vraag aan mnr. Anoniem of sy lesers eendag verras of teleurgest­eld gaan wees as hulle hoor wie hy is, is sy antwoord ook kort: “Die inhoud van my boek is waaroor dit gaan, en dit het niks te doen met my identiteit nie.”

En is Die Dao mnr. Anoniem se debuut of het hy onder ’n ander naam ander boeke geskryf? “Die Dao van Daan van der Walt is ’n debuut,” sê hy (sy?).

In die boek vertel Daan sy lewensgesk­iedenis aan sy hond, Kaspaas, wat vir die grootste deel van die boek reeds dood is. Die Engelsspre­kende Kaspaas moet een van die vreemdste, verfrissen­dste karakters in die letterkund­e wees.

“Al van Steinbeck se Travels with Charley gehoor? Of van Márquez se storie oor María dos Prazeres se hond, Noi, wat by haar graf gaan huil het? Kort voor haar dood het María gesê dis belangrik om ’n hond te leer om te lag en te huil.

“Navorsing toon dat ’ n troeteldie­r ou mense se lewe in ouetehuise draagliker maak. ’n Hond is gewoonlik die aangewese troeteldie­r, maar papegaaie en donkies word ook aanbeveel.”

Die rede dus dat Lodewyk ’n hond gekies het? “Dink jy Daan sou 358 bladsye lank met ’n budjie kon gesels?”

Daan voel hy is gepynig deur sy vrou, ’n Ph.D.-student in die letterkund­e, se lessies om hom te beskawe in die kunste. Die aansteller­igheid om te praat van intertekst­ualiteit (“waar skrywers met hul maatjies se naeltjies peuter”) en “aan bod kom”, het “die riffels in sy harsings platgetrek”. Is sulke literêre grootdoene­righeid ook vir Lodewyk grillerig?

“Behoort grootdoene­rige taal en die voorskrift­elikheid van ’n skrifgelee­rde Sadduseër hoegenaamd aan bod te kom in ’n plesierige onderhoud soos dié? Laat die leser self besluit wanneer Daan sy vrou se siel uittrek en wanneer hy ernstig in gesprek tree met voormelde goggas.”

Toe Daan ná sy vrou se dood besluit om weer die nette uit te gooi, skryf hy aan ene Boerseun, wat hy in Landbouwee­kblad se Opsitkers teëkom. Dié is ’ n heel onsimpatie­ke huurling, en lesers sal kan wonder waarom die skrywer nie maar vir Daan ’n ordentlike­r man gegee het vir sy eerste Kaapse avonture nie.

“As die God van Donder, Chris Hemsworth, se advertensi­e in die Opsitkers was, het Daan dadelik ’n liefdes- brief aan hom geskryf. Ek sê ordentlik of nie, Daan was as nie ’n enkele oomblik verrveeld in dié jong man se e teenwoordi­gheid nie.”

Tai chi kom gereeld in die ie verhaal voor. Die eerste keer er toe Daan tai chi sien, was dit it sy buurvrou wat in haar ar blinkrooi broekpak “oor ’n n plaat wit gruis in haar agterrplaa­s gesweef het soos os Esther Williams onder water er geswem het”. Meester Yang ng was die een wat die Kalahariib­oer aan dié ou kuns beekendges­tel het. Lodewyk k verduideli­k wat tai chi is.

“As jy vroegoggen­d in enii- ge plek in China by ’n park verbyloop, sal jy bejaardes sien wat bewegings so langsaam soos ’n skilpad in stadige aksie uitvoer. Hulle doen tai chi. Dit help met ’n ou mens se balans wanneer dit voel of die aarde jou wil afgooi.

“Daan het sy ewewig letterlik en figuurlik verloor die dag ná sy onwillige aankoms in China toe hy hoor wat sy enigste seun in dié land aangevang het. Sy seun het hom na ’n klooster daar naby geneem en ’n tai chi-meester wat ook ’n dokter was, gevra om sy pa te behandel.”

Nog iets eie aan China is die virgin boy- eiers wat Daan smiddae vir hom en sy stiefklein­dogter koop wanneer hy haar by die skoolhek gaan haal.

Hy vind eers later uit hoekom die Chinese op straat die Westerling goedkeuren­d en selfs bewonderen­d aankyk wanneer hy hieraan loop en smul: Dit word in urine gaargemaak.

“Dit neem ’n dag om die eiers oor en oor te kook tot die wit ’n goue pieskynsel het en die geel groen verkleur is.”

En wat kom volgende uit Lodewyk G. du Plessis se pen?

“Nou vra jy mos die boer die kuns af.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa