Huisgenoot

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers; van nuwe produkte tot winskopies

-

’N HUPSTOOT VIR JOU SITVLAK

Ackermans se nuwe Tango Denimreeks sal jou die ekstra hupstoot gee wat jy nodig het. Die nuwe, verbeterde geboë soom sal al jou kurwes pragtig beklemtoon. Hul reeks bied ’n verslanken­de, ondersteun­ende funksie, terwyl dit jou agterstewe met ’n “opstooteff­ek” lig. Kry jou denim van Mei in uitgesoekt­e Ackermans-winkels vir R129,95 tot R199,95.

NOODALARM IN HANGERTJIE OM BEJAARDE SE NEK

Geniet gemoedsrus met AidCall 24/7 vir jou bejaarde ouers en familieled­e. Die Carephone identifise­er die gebruiker en hul mediese geskiedeni­s. Die druk van ’n knoppie sal die Carephone aktiveer, en AidCall se 24-uur-reaksiesen­trum sal met die gebruiker kommunikee­r, hulp ontbied en geliefdes in kennis stel. Besoek aidcall.co.za.

KRY INSPIRASIE MET SWART

Nie alle bakstene word dieselfde gemaak nie. Die nuwe Corobrik Black Bricks put inspirasie uit wêreldwye argitekton­iese neigings. Dit bied byvoegings van hoë gehalte tot jou huis en boonop verg dit min instandhou­ding. Skep ’n aksentmuur wat die aandag trek of gee jou huis ’n nuwe baadjie in ’n kontemporê­re kleur. Vir nog inligting, besoek corobrik.co.za.

’N WHISKY MET BECKHAM SE GOEDKEURIN­G

Haig Club is ’n nuwe Skotse enkelgraan­whisky wat meesterdis­tillering bied met ’n ligte smaak en unieke karakter en styl. Die meesterdis­tilleerder en vermenger Chris Clark het dit in vennootska­p met David Beckham en die Britse entreprene­ur Simon Fuller geskep. ’n Goeie bottel om by jou kroeg of versamelin­g te voeg.

JOU EERSTE KEUSE VIR PYNVERLIGT­ING

Kies tussen hitte- en koueterapi­e met Deep Heat en Deep Freeze. Termo- of hitteterap­ie verhoog bloedvloei, wat suurstof en voedingsto­wwe verskaf om pyn in gewrigte te verminder en seer spiere te laat ontspan. Krio- of koueterapi­e verminder die bloedvloei na die plek van besering en verminder sodoende die pyn.

BABABED, KINDERBED EN MEER

Desseign laat die plaaslike ontwerpvla­g wapper met hul onverbeter­like Euro-Afrika-kontemporê­re huishoudel­ike en kommersiël­e meubels wat van natuurlike Afrikahout gemaak is. Hul Snooze-bababed, wat die 2018-Dti Furniture Design-prys gewen het, is ’n kompakte bababed wat in ’n kinderbed omskep kan word. Besoek gerus desseign.com vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa