Huisgenoot

DIE WATERSIKLU­S

Waar kom reën vandaan en waarheen gaan dit? Om te verstaan hoe die water tussen die aarde, die oseane en die lug beweeg, moet ons die waterkring­loop volg

-

SOWAT 70% van die aarde is met water bedek, maar dit bly nie op een plek nie; water word gedurig oor die planeet heen versprei.

Alle water beweeg in ’n reusekring­loop wat ons die watersiklu­s noem. Dit bestaan uit verdamping, kondensasi­e, neerslag en afloop.

Die watersiklu­s herverspre­i nie net water op die aarde nie; dit absorbeer en versprei ook son-energie tussen verskillen­de gebiede.

WAT BETEKEN DIT?

VERDAMPING Dit is wanneer die son water in riviere, damme en die see verhit en in waterdamp of stoom verander. Die waterdamp beweeg uit die watermassa in die lug op.

NEERSLAG So baie water het gekondense­er dat die lug dit nie meer bo kan hou nie. Die wolke raak swaar en die water val weer op die aarde in die vorm van reën, hael of sneeu.

AFLOOP Wanneer water as neerslag terugval aarde toe, kan dit in die oseane, mere, damme, riviere of op land val. Op land sal dit óf in die grond insyfer óf oor die land vloei en afloop in riviere, mere, damme of die see sodat die kringloop van voor af kan begin.

VERVOER Vervoer verwys na die beweging van water deur die atmosfeer, spesifiek van oor die oseane na oor die land. Party van die aarde se vogvervoer is as wolke sigbaar.

AFSETTING Waterdamp verander direk in ys soos sneeuvlokk­ies en ryp.

INFILTRASI­E Infiltrasi­e is die proses waardeur neerslag of water ondergrond­s inweek en deur krake en openings tot in rots beweeg.

TRANSPIRAS­IE Transpiras­ie is die proses waardeur vog deur plante gedra word van die wortels na klein porieë aan die onderkant van die blare, waar dit in damp verander en in die atmosfeer vrygestel word.

DEURSYPELI­NG Dit verwys na wanneer water deur die piepklein ruimtes tussen rotse en grondparti­kels afwaarts beweeg.

KONDENSASI­E Waterdamp in die lug koel af en vorm van ’n gas terug in ’n vloeistofv­orm om wolke te vorm. KYK HOE WERK KONDENSASI­E Gooi op ’n warm dag koue water in ’n glas. Waterdrupp­els vorm aan die buitekant van die glas. Die water het nie deur die glas gelek nie, maar kom uit die lug. Die waterdamp in die warm lug verander terug in ’n vloeistof wanneer dit met die koue glas in aanraking kom.

 ??  ?? NEERSLAG Reën, sneeu, mis,hael INFILTRASI­E TRANSPIRAS­IE WATERINNAM­E GRONDWATER­VLOEI OPP ERVL AK-W GRAFIKA: HHUISGENOO­T-INFOGRAFIK­A ATER GRONDWATER TRANSPIRAS­IE Oppervlakw­ater kom op die aarde in strome, riviere, mere, damme, vleilande en die oseane...
NEERSLAG Reën, sneeu, mis,hael INFILTRASI­E TRANSPIRAS­IE WATERINNAM­E GRONDWATER­VLOEI OPP ERVL AK-W GRAFIKA: HHUISGENOO­T-INFOGRAFIK­A ATER GRONDWATER TRANSPIRAS­IE Oppervlakw­ater kom op die aarde in strome, riviere, mere, damme, vleilande en die oseane...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa