Huisgenoot

VAN Bart TOT bobaas-booswig

-

Die superboosw­ig wat in die vierde seisoen van die Amerikaans­e TV-reeks The Flash te sien is, is niemand anders nie as Neil Sandilands, wat ons in 2000 as Bart Kruger in 7de Laan leer ken het.

Ná langer as ’n dekade in Amerika kry Neil eindelik op 23 Mei sy burgerskap, ’n laat geskenk ná sy 43ste verjaardag op 1 Mei.

“Ek is nou wat ’n mens ’n dual burger noem,” skerts hy.

Hy het met Huisgenoot gesels uit Mexiko, waar hy nou aan ’n nuwe fliek werk. Daaroor wil hy nie veel verklap nie, maar hy beloof darem dat dit ’n opwindende vooruitsig vir fliekvlooi­e is.

Neil, wat woon in die ooste van Los Angeles, Kalifornië, het ook al rolle in gewilde reekse soos House, NCIS en The 100 vertolk.

Al vestig hy ’n blink nuwe loopbaan daar doer in die wêreld, mis hy Suid-Afrika. “Ek verlang na al die klanke van die land: Sotho, Zoeloe en veral Afrikaans.”

Verder mis hy sy familie en vriende, en Suid-Afrikaners se humorsin.

Tipies Suid-Afrikaner het hy sy eie braaiplek prakseer. En wanneer vriende kom kuier, is dit om die vleisbraai­vuur. “Ek vrek vir ’n lekker skaaptjopp­ie,” sê Neil.

Maar anders as sy karakter destyds in 7de Laan wat die eienaar van ’n deli was, is hy geen sjef nie.

Tot dusver was sy gunsteling­gereg in Amerika kreef, wat hy in Louisiana geëet het.

Pols jy hom oor die liefde, vertel hy van Black Betty, die 1997-model-Saab 900S waarmee hy ’n dekade lank rondgery het. Weens Amerika se streng wetgewing oor uitlaatgas­se moes hy verlede jaar van sy geliefde ryding afskeid neem.

“Sy was soos my troeteldie­r; dit was ’n baie hartseer dag. Ek het maar $200 (toe so R2 700) vir haar gekry.” Hy ry nou met ’n Jeep, wat nog nie ’n troetelnaa­m gekry het nie.

Wat sy hartsake betref, erken Neil hy sukkel nes Bart destyds in Hillside om liefde te vind. Sal hy ooit terugtrek Suid-Afrika toe? “’n Mens moet nooit ‘nooit’ sê nie,” antwoord hy, en voeg by: “Ek verlang daarna om in Afrikaans te werk.” LINKS: Neil by sy geliefde ou Saab wat hy in 2017 moes groet omdat dit die lug te veel besoedel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Neil Sandilands destyds as Bart Kruger in 7de Laan. REGS BO: Neil as Clifford DeVoe in The Flash. ONDER: Kim Engelbrech­t van Isidingo-faam speel ook in The Flash.
LINKS BO: Neil Sandilands destyds as Bart Kruger in 7de Laan. REGS BO: Neil as Clifford DeVoe in The Flash. ONDER: Kim Engelbrech­t van Isidingo-faam speel ook in The Flash.
 ??  ?? VAN HEEL BO: In Hap and Leonard; by Grant Gustin (links) in The Flash; Kim speel sy vrou in The Flash. ONDER: Hy kyk rugby in Los Angeles saam met die oud-Bok Pedrie Wannenburg.
VAN HEEL BO: In Hap and Leonard; by Grant Gustin (links) in The Flash; Kim speel sy vrou in The Flash. ONDER: Hy kyk rugby in Los Angeles saam met die oud-Bok Pedrie Wannenburg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa