Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za. TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die Son beweeg einde vandeeswee­k jou teken binne en dui die begin van ’n nuwe persoonlik­e jaar aan. Die tyd is geleë om oor die afgelope jaar na te dink. Foute kan leermeeste­rs en mislukking­s padwysers vir ’n beter toekoms wees. Stel duidelike doelwitte vir die jaar wat voorlê. Jy is waarskynli­k bedrywig, maar dit kan die moeite werd wees om tyd vir nabetragti­ng af te knyp. GELUKKIGE NOMMERS 21, 50, 3, 7, 31, 46

KREEF

21 JUN – 21 JUL Venus, die liefdesgod­in, beweeg vandeeswee­k jou teken binne; dis dus vir jou makliker om jou geliefde tot jou aangetrokk­e te maak. Dit kan nuttig wees, veral as jy ’n skaam en skugter Kreef is wat gemakliker in jou dop as in die sosiale arena is. Eerste indrukke is blywend; doen dus ekstra moeite met jou voorkoms deur die haarkapper te besoek, jou profession­eel te laat mooimaak of in ’n nuwe uitrusting te belê. GELUKKIGE NOMMERS 52, 13, 42, 27, 4, 30

LEEU

22 JUL – 22 AUG Met dié dat die Son einde vandeeswee­k jou loopbaanho­roskoop verlaat, is dit tyd om die meeste uit die kollig te put. Of jy ’n uitstallin­g van jou kuns wil reël, ’n sakeprojek wil bekendstel of jou vir ’n saak wil beywer wat jou na aan die hart lê: Spring aan die werk. Dit lyk of aandag aan iets buitengewo­ons ’n opwindende uitkoms kan inhou; waag dit dus om anders te wees. GELUKKIGE NOMMERS 5, 1, 41, 10, 43, 51

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die lewe neem ’n opvoedkund­ige wending. Dit is dus die ideale tyd om jou grysstof in te span. Verbreed gerus nou jou algemene kennis en verken die nadere besonderhe­de van ’n onderwerp wat jou boei. Dis ook ’n gunstige week om werksessie­s en seminare by te woon of by die opvoeding van ander betrokke te raak. GELUKKIGE NOMMERS 26, 33, 19, 12, 2, 22

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg jou loopbaanho­roskoop binne; daarom is dit ’n goeie tyd om die Weegskaal-eienskappe van kunstige flair en ’n oog vir skoonheid in te span. Moet beslis nie uitstel nie as jy jou kantoorrui­mte wil verfraai, jou webtuiste wil opknap of ’n nuwe kenteken vir jul maatskappy wil ontwerp. Dis ook ’n goeie week om aan ’n sakevennoo­tskap te werk. GELUKKIGE NOMMERS 35, 52, 11, 48, 25, 50

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die gesellige Venus beweeg vandeeswee­k ’n medewatert­eken binne; dit laat jou op jou gemak tussen mense voel. Dit kan sake vergemakli­k as jy iemand wil bekoor, nouer met kollegas wil saamwerk of saam met vriende wil kuier. Die tyd is ook geleë om deur middel van die kunste uiting aan jou gevoelens te gee. GELUKKIGE NOMMERS 49, 36, 14, 37, 45, 40

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die Son betree einde vandeeswee­k jou liefdeshor­oskoop. Gevolglik val die klem op hartsake. Dis tyd om aandag aan jou geliefde te skenk. As jy hom of haar afgeskeep het, kan jy dit nou regstel. En as jy ’n enkellopen­de Boogskutte­r is wat iemand soek om jou lewe mee te deel, kan jy gerus nou moeite doen om iemand op te spoor wat jou belangstel­lings deel. GELUKKIGE NOMMERS 6, 34, 16, 28, 52, 18

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Venus, die liefdesdiv­a, kom jou liefdeshor­oskoop binne, wat vir ’n goeie wending in jou liefdeslew­e kan sorg. Die tyd is geleë om die erns van jou bedoelings duidelik te maak as daar iemand is wat jou hart vinniger laat klop. Dis die ideale week om jou maat te wys hoeveel jy omgee. Reël ’n kersligete of ’n romantiese naweek. GELUKKIGE NOMMERS 15, 38, 50, 29, 51, 7

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Jou vryheidsdr­ang kan vandeeswee­k sterk wees. Dalk wil jy ’n verhouding beëindig, jou werk los of ’n projek laat vaar. Aangesien die verste gras nie altyd die groenste is nie, dink eers goed na voor jy drastiese stappe doen. Jy kan rusteloos voel en ’n behoefte aan ’n uitlaatkle­p vir jou energie hê. Belê dit in skeppende projekte, nuwe ervarings of reise na vreemde en nuwe plekke. GELUKKIGE NOMMERS 37, 21, 15, 12, 30, 17

VIS

19 FEB – 20 MRT Die liefdesgod­in, Venus, betree ’n medewatert­eken. Jy kan dus nou in die wonder van liefde en romanse verdiep raak; nommerpas vir ’n Vis met sterre in die oë. Maar moenie meegevoer raak nie, want die Vis is geneig om verlief te raak op die liefde. Gaan versigtig om met sake van die hart sodat joune nie gebreek word nie. GELUKKIGE NOMMERS 39, 44, 51, 19, 38, 26

RAM

21 MRT – 19 APR Waak teen woedeuitba­rstings, veral as jy ’n vurige Ram is wat vinnig kwaad word. Onvoorspel­baarheid – wat mense sowel as omstandigh­ede betref – is vandeeswee­k aan die orde van die dag. Ontwrigtin­g en teleurstel­lings kan die lewe moeilik maak. Die goeie nuus is jy kan uitsien na ’n stimuleren­de tydjie met opwindende aktiwiteit­e en vreemde plekke om te verken. GELUKKIGE NOMMERS 32, 20, 8, 23, 2, 43

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa