Huisgenoot

Cindy Nell-Roberts stel gesin eerste

Aan die vooraand van Moedersdag vertel Cindy Nell-Roberts wat mawees vir haar beteken en hoekom sy Wedding Bashers verlaat het

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: BE PHOTOGRAPH­Y

MODELWERK en glansgelee­nthede het eens haar lewe oorheers. Maar die kollig speel deesdae tweede viool vir die voormalige Mej. Suid-Afrika met die sonbruin vele n kenmerkend­e skoonheid s vlekkie op haar linker wang. Cindy Nell-Roberts se naweke bestaan nou hoofsaakli­k “uit kinderpart­ytjies, ’n braai saam met vriende of ’n Saterdag op die strand”.

“Dit vervul my hart en siel op ’n manier wat ’n glanslewe nie meer doen nie. En as ek moet kies, kies ek gesinstyd,” sê sy met ’n salig tevrede uitdrukkin­g op haar gesig.

Sy lyk soos altyd lieflik vir ’n spesiale Huisgenoot-fotosessie essie in die gesin se elegante huis in die gesogte Kaapse voorstad Kampsbaai. ai. En die twee woelwaters wat om haar ar en manlief Clive Roberts (46) baljaar, ar, laat haar meer straal van geluk as wat enige skoonheids­titel kan.

Al was sy tot onlangs ngs nog te sien as die aanbieder van M-Net se Wedding Bashers, het sy haar mense net te veel gemis wanneer sy naweke vir die reeks se verfilming moes reis. s. Hoewel sy dit geniet het om m saam met haar medebeoord­eoordelaar­s, Zavion Kotze, Siba Mtongana en Denise ise Zimba, die drama en n glans op verskeie Suid-Afrikaners se troues te beleef, wou sy nie meer tyd saam met Clive en hul twee kinders, Ethan (7) en Aenea (5), inboet nie. Amy Kleinhans-Curd het haar nou as beoordelaa­r vervang.

‘My kinders is nou op ’n ouderdom waar ek nie ’n oomblik wil misloop nie’

“My kinders is nou u op ’n ouderdom waar ek nie ’n oomblik in hul lewe wil misloop nie. Ek is bekommerd dat wanneer hulle eendag tieners is hulle in hul kamer of eerder saam met hul vriende de gaan wil wees en ek dan spyt sal wees oor ek k nie daar was toe dit hul l gunsteling­ding was om saam m met my te wees nie,” verduideli­k k Cindy Ci d (36). (36)

Clive vertel sy vrou is geesdrifti­g en georganise­erd in alles wat sy aanpak, ook moederskap. “Sy is nogal streng oor dinge soos maniere en respek, maar ’n baie fisieke ma wat hou van lag en drukkies.”

Ma-wees het haar “meer geduldig, deernisvol, goedhartig en onselfsugt­ig” gemaak, sê Cindy.

“As ’n model en Mej. Suid-Afrika is ’n mens effens selfsugtig omdat alles om jou draai. Wanneer jy kinders kry, is dit ’n 180°-ommeswaai. Ek moet erken my kinders se babafase was vir my nogal uitdagend, maar ek geniet die ouderdom waarop hulle nou is. Hulle kan praat, oulike goed sê en, die hemel behoed ons, met ’n mens stry.”

AAN die vooraand van Moedersdag vertel Cindy moederskap het haar opnuut laat besef hoe belangrik dit is dat ons onsself moet aanvaar. “Selfs my kinders laat my besef hoe elke mens anders is. Al word hulle deur dieselfde ouers, opvoeding, riglyne en omgewing omring, verskil die twee geweldig baie.

“Albei is net soos ek fisiek en liefdevol. Hulle is cheeky en deel my humorsin, wat soms verkeerd verstaan word omdat ons humor in alles om ons vind.

“Maar Ethan is baie meer soos Clive, en Aenea weer meer soos ek. Hy is ’n klein ingenieur en denker, nogal sterk en hardkoppig. Sy drome wentel om vlieënde motors en wetenskapl­ike dinge.

“Aenea wil weer soos ek die wêreld red. Sy geniet ’n goeie partytjie en hou daarvan om op te tree. Sy wil instrument­e bespeel en ’n veearts word. Ek dink daar is nogal ’n hippie in haar. Ondanks my glansryke voorkoms is ek in my hart ’n hippie. Ek is baie lief vir die natuur en om blomme in my hare te sit,” vertel Cindy, wat binnekort met branderpla­nkry lesse wil begin.

Al is ma-wees nou haar prioriteit, bly sy bedrywig in die sakewêreld en gaan sy nie ophou met TV-werk nie.

“Ek werk nou aan my eie program wat deur die week verfilm word en waarvoor ek nie so baie hoef te reis nie,” vertel Cindy, wat voorheen ook ’n aanbieder van die SABC2-leefstylpr­ogram Pasella was. Meer wil sy nog nie oor die beplande program verklap nie.

“Ek is ’n besige mens; dis in my bloed. En tussen die kinders se bedrywighe­de deur pak ek heeltyd nuwe projekte aan.”

Haar e nC l i ves e ondernemin­g, C osmetix, wat grimeer-en skoonheids­produkte soos die verbruinin­g s middel Caribbeant­an en produkte van Essence invoer en versprei, het onlangs ’n nuwe handelsnaa­m, L.O.V, tot hul aanbod toegevoeg.

Cindy fokus ook vanjaar veral op haar liefdadigh­eid s projek, Women4Wome­n, wat vroue bemagtig en ophef. Die organisasi­e gaan onder meer saam met die nuwe Mej. Suid-Afrika-finaliste werk om vroue te help om entreprene­urs vaardighed­e te ontwikkel.

Toe die hele gesin vir ons fotosessie bymekaar is, sit Aenea haar arm liefdevol om haar ouboet.

“Hulle is baie na aan mekaar en te skattig saam,” koer Cindy. “Ethan sal vir Aenea sê om in sy arms te kom lê en hulle sal saam dans, maar soos alle kinders baklei hulle soms en dryf my teen die mure uit met hul gekibbel. Tog het ek ’n voorgevoel hulle gaan deur hul lewe groot maats wees.”

Met kuiers by ma en pa se ondernemin­g het Aenea in die pakhuise vol skoonheids­produkte’ n groot liefde vir grimering ontwikkel.

“Ek laat haar toe om met die produkte wat toepaslik vir haar ouderdom is te speel, en ons sit vir mekaar blinkers en lipstiffie aan. Aenea het onlangs haar lyf model gehou vir’ n ree k skinderbyk­omstighede wat die handelsnaa­m C la i re’ sas deel van hul Moedersdag­veldtog uitgereik het.

“Maar verbasend genoeg lyk dit asof Ethan die model en akteur in ons huis gaan wees. Hy het nogal ’n aanleg daarvoor en hou daarvan om fotosessie­s te doen as hy betaling daarvoor kan kry. Hy sê hy gaan eendag die rykste man op die aardbol wees. Dit maak my nie bang nie, want hy het so ’n goeie hart en sagte siel,” sê Cindy.

Sy wil nie haar kinders aanmoedig om in haar voetspore te volg en model- en TV-werk te doen nie. “Maar ek sal God vertrou en sien hoe dinge vir hulle uitwerk. Ek sal hulle nooit in ’n rigting druk nie. Ek wil hê hulle moet goedhartig wees en vir ander omgee.

“Dis vir my belangrike­r dat hulle langs

die alleenkind in die biblioteek gaan sit as dat hulle die gewildste kinders in die skool is. Nie ek of Clive was gewilde kinders op skool nie. Ons het nie regtig ons kruin op skool of as tieners bereik nie, maar eers later in die lewe. En dit was die moeite werd.”

CINDY erken die skuldgevoe­l pak haar beet wanneer sy vir werk moet reis.

“Ons werk gelukkig vir onsself; daarom is ons buigsaam en kan in die aande werk as ons moet.”

Dis vir haar en Clive belangrik om op gehaltetyd saam met hul kinders te fokus. Spesiale gesinstyd is by die huis in die swembad, borrelbad of in die gesin se tuisbiosko­op.

Ma en dogter sal saam legkaart bou, by hul plaashuis in KwaZulu-Natal langs die rivier lê, blomme pluk en bak.

“Ethan se gunsteling­dinge is om teen slaaptyd Harry Potter-stories te lees en met opstaantyd soentjies uit te deel. Hy hou daarvan om te kampeer, skaak en TV-speletjies te speel en na flieks of die sirkus te gaan.”

Sy is dankbaar Clive is ’n raakvatpa. “Hy is baie behulpsaam en betrokke in ons kinders se lewe.

“Hy sal saam met Ethan skaak speel, Lego bou, gaan visvang en kano vaar. Aenea hou daarvan om net op sy skoot te sit of saam met hom na die animasiere­eks Peppa Pig te kyk,” sê Cindy.

Sy vertel dit was vir hulle aanvanklik moeilik om spesiale tyd net vir hulle twee saam te vind tussen hul verpligtin­gs as ouers en albei se besige werkprogra­m deur. Maar hulle het geleer hoe om dit te bemeester. “Ons gaan af en toe alleen weg of op ’n

date en uit saam met vriende. Ek dink die belangriks­te is om altyd tyd te maak en saam te lag.”

Hulle is nie net spanmaats in die huwelik nie, maar ook wanneer dit by hul ondernemin­g kom. “Ons het verskillen­de sterk punte wat mekaar aanvul,” verduideli­k Cindy.

“Ek weet waarvan vroue hou en is goed met bemarking, die media, geleenthed­e, kliënte en om mense te bestuur. Clive is goed met finansies, logistiek en om die ondernemin­g te bestuur.

“Om saam te werk is ’n kuns en nie vir almal nie,” voeg Clive by. “Dit was nie van die begin af net maklik en perfek nie. Ons moes m toets wat vir ons werk en hoe h om die werk- en huislewe van v mekaar te skei. Ons leer steeds.” s

Clive, wat ook gereeld beleggings geleenthed­e g ondersoek, meen m respek, kommunikas­ie en tydsbereke­ning t is belangrik wanneer w ’n paartjie saamwerk. ’n Reël waarby hulle hou, is:

“Stay S in your lane. Elkeen doen

‘Ons is orraait daarmee om nie altyd oor alles saam te stem nie’

dít waarmee hy of sy goed is. Dit werk vir ons,” sê Cindy. Stry hulle dan nooit? “Natuurlik stem ons nie altyd oor alles saam nie. Ons terg mekaar en dinge is nie altyd perfek nie, maar ons is orraait daarmee om nie altyd oor alles saam te stem nie. Sy hou nie van sekere soorte ontbytpap vir die kinders nie, terwyl dit weer reg is met my. Ek hou nie daarvan om saans oor werk te praat nie en sy is gek daaroor om saans te werk. Maar ons gee nou en dan toe dat die ander een reg is, en ander kere nie,” sê Clive.

“Hy is ’n goeie ou en ek is dol oor hom, maar hy is nogal hardkoppig en kan soms, soos die meeste mans, moeilik word,” bieg Cindy weer. “Maar oor die algemeen is hy net ’n goeie mens wat lief is vir my en ’n kalmerende invloed op my het. Ons lag baie, en hy is ’n goeie platejoggi­e en braaimeest­er – dit tel nogal baie punte,” lag sy.

Cindy beskryf haarself as hardwerken­d en meen sy aard ’n bietjie na haar pa, Chris Nell, wat ’n sersant-majoor in die lugmag was.

En verskil Cindy die sakevrou van Cindy by die huis?

“Ek is eintlik ontspanne en pret by die huis, en ek is amper seker die span saam met wie ek werk, sal sê ek kan pret wees,” sê sy.

“Ek is ’n natuurlike leier. Dis nie iets wat ek probeer wees nie. Ek kry dinge gedoen; dit kan soms koud voorkom.

“Maar in my persoonlik­e lewe is ek die warmste en liefdevols­te mens. Dis vir my lekker om mense te sien lag. Ek sal uit my pad gaan om ander geluk- kig en spesiaal te laat voel.”

Sy en Clive hou albei daarvan om vriende by hul huis te onthaal. En Cindy hou daarvan om te dans, musiek te speel en haarself op te tooi.

“Ek is die eerste een wat saans in die swembad is, en dit maak my gelukkig wanneer my kinders op my skoot aan die slaap raak. Ek is ’n goeie kok, maar hou nie daarvan om te kook as dit nie ’n spanpoging is nie. Dan eet ons net slaai en hoender.”

DIS vanjaar 16 jaar sedert sy as Mej. Suid-Afrika gekroon is, en sy laat steeds koppe draai.

Om ouer te word maak haar nie benoud nie. “Ek het nog nooit beter gelyk nie en is fiks. Ek is gelukkig en kalm. Al my drome het waar geword, en ek kan dit nou geniet. Dis soveel lekkerder om ouer te wees en te besef wie jy is, sonder al die onsekerhed­e en issues.”

Dis vir haar belangrik om ’n gesonde leefstyl te handhaaf.

“Ek doen Barre Body, wat ’n mengsel van ballet, pilates, joga en boks is. En ek klim soveel trappe as wat ek kan. Ek drink my vitamiene en baie water.

“Ek het verlede jaar probeer om ’n veganis te wees, maar dit was te moeilik. Nou eet ek maer vleis en proteïene van vrylopende diere, baie slaaie en groente. Ek eet selde stysel; net wanneer ek menstrueer en die drang daarna sterk is.”

Sy het die afgelope paar maande haar haarkleur gewissel tussen donker en blond.

Weet sy dalk wie die meeste pret het: blondines blo of brunette?

“Blondines “het beslis nie meer pret pr nie, want hulle bring baie meer m tyd in die haarsalon deur. Dis Di harde werk om blond te wees omdat om soveel behandelin­gs, sonstrepie­s so en opknappers benodig di word. Omdat ek lank gelede ’n skoonheids­koningin was, hou ek daarvan om met verskillen­de haarstyle h en -kleure te speel en te eksperimen­teer. Vir eers is ek weer w gelukkig met my donker hare.” h

Wanneer die gesin ’n blaaskans k soek, breek hulle weg na hul h plaashuis by Nottingham Road R in die KwaZulu-Natalse Middelland. M “Die plaas is die plek p waar ek op my gelukkigst­e is,” vertel Cindy.

Tussen die plaashuis se vier mure lê vir Cindy en Clive herinnerin­gs aan hul aanvanklik­e hofmakery, spesiale oomblikke as ’n getroude paartjie en as jong ouers wat slaap opleiding s metode smet hul babas beproef.

Wanneer hulle vakansies of langnaweke daar uitspan, vaar hulle kano, vang vis, kook, speel rolbal en krieket, doen pottebakke­ry, skiet kruisboog, drink wyn, sit voor die kaggel en kuier saam met vriende van buurplase. “Dis eenvoudig, het ’n spesiale energie en is ’n plek met soveel liefde,” vertel Cindy.

Al sien sy kans vir nog kinders, is hul gesin nou voltallig. “Ek sou graag meer wou hê, maar Clive is gelukkig met twee en ek respekteer dit. Ons is geseën met ’n seun en ’n dogter.”

Haar broer, Chris jr., woon om die draai in Durbanvill­e en het ook twee kleuters. “Die uitgebreid­e familie is al wat ek nodig het.”

En as sy ooit hulp met die kinders benodig, is haar ouers, Marietjie en Chris Nell, naby. Hulle woon in Bothasig, ’n noordelike voorstad van Kaapstad, en loer gereeld in. Clive se ma, Maureen Roberts, en haar lewensmaat, David Beer, woon in Kommetjie op die Kaapse Skiereilan­d, en hulle is ook gewillige kinderoppa­ssers.

Cindy se wens is dat haar kinders iets groots in hul lewe sal regkry. “Ek dink almal moet minstens een groot doel of droom in hul lewe bereik. En dis vir my belangrik dat hulle goed gebalansee­rd, gelukkig en nederig sal wees.”

Dan steek die sersant-majoor kop uit en sy voeg by: “Met goeie maniere!”

 ??  ?? Modelwerk en glansgelee­nthede speel vir Cindy deesdae tweede viool. Gesinstyd is vir haar die belangriks­te.
Modelwerk en glansgelee­nthede speel vir Cindy deesdae tweede viool. Gesinstyd is vir haar die belangriks­te.
 ??  ?? LI LINKS: Aenea is soos haar ma – vasbe beslote om die wêreld te red. HEEL LINKS: LI Ethan is weer ’n denker wat na sy pa, Clive – ’n raakvatpa – aard.
LI LINKS: Aenea is soos haar ma – vasbe beslote om die wêreld te red. HEEL LINKS: LI Ethan is weer ’n denker wat na sy pa, Clive – ’n raakvatpa – aard.
 ??  ?? BO: Ma en dogter sit graag saam lipstiffie en blinkers aan. REGS: Een van Ethan se gunsteling­dinge is om teen slaaptyd Harry Potterstor­ies te lees.
BO: Ma en dogter sit graag saam lipstiffie en blinkers aan. REGS: Een van Ethan se gunsteling­dinge is om teen slaaptyd Harry Potterstor­ies te lees.
 ??  ??
 ??  ?? Die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts, haar man, Clive Roberts, en hul twee kinders, Aenea en Ethan, in hul huis in die gesogte Kaapse voorstad Kampsbaai.
Die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts, haar man, Clive Roberts, en hul twee kinders, Aenea en Ethan, in hul huis in die gesogte Kaapse voorstad Kampsbaai.
 ??  ?? Die kinders saam met hul honde, Snowy (in Ethan se arms) en Rex. Cindy is dankbaar haar kleingoed het so ’n hegte verhouding.
Die kinders saam met hul honde, Snowy (in Ethan se arms) en Rex. Cindy is dankbaar haar kleingoed het so ’n hegte verhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa