Huisgenoot

Rook dalk amper oral verbode

As ’n streng nuwe wetsontwer­p finaal aanvaar word, sal rokers amper nêrens meer mag rook nie. Wat behels dit alles?

- Saamgestel deur GABISILE NGCOBO

VANDAGk ANDAG kan ’ ’n mens dit skaars glo, maar daar was ’n tyd toe ’n mens op enige plek kon rook – in treine, busse, vliegtuie, in die fliek en agter jou lessenaar. Net 20 jaar gelede is daar nog sigaret-advertensi­es gemaak waar rokers as sexy avonturier­s uitgebeeld is – tot die boodskap begin deursyfer het dit is allesbehal­we sexy; rook kan tot jou dood lei.

Mettertyd het die wetgewing teen rook in openbare plekke so streng geword – en die waarskuwin­gs oor die impak op jou gesondheid so oorweldige­nd – dat ál meer mense besluit het om op te hou.

Volgens Statistiek Suid-Afrika rook nog net sowat 7% van vroue en 36% van mans in Suid-Afrika – en daar word aanvaar dis grootliks te danke aan die streng wetgewing wat in 1995 ingestel is.

En nou wil die regering met voorgestel­de nuwe wetgewing dit selfs verder voer sodat dit onwettig sal wees om in enige gebou te rook en baie moeilik om dit iewers in die buitelug te doen.

Rokers is vies oor wat hulle as ’ n inbreuk op hul regte beskou, maar die departemen­t van gesondheid hou vol: Rook maak dood. Statistiek­e wys 50% van rokers sal sowat 14 jaar vroeër sterf as wat hulle andersins sou weens rookverwan­te siektes soos longkanker, beroertes, hartsiekte­s en emfiseem.

Desondanks is daar steeds byna 8 miljoen Suid-Afrikaners wat jaarliks saam sowat 27 miljard sigarette rook.

Die streng nuwe wetgewing wat pas deur die kabinet goedgekeur is, wil ’n stokkie hiervoor steek. Die departemen­t van gesondheid wil hierdeur ook nierokers teen passiewe rookinasem­ing beskerm en dit vir jong mense minder aantreklik maak om met die gevaarlike gewoonte te begin.

DIE NUWE REËLS

As die wetsontwer­p op die beheer van tabakprodu­kte en elektronie­se leweringst­elsels finaal aanvaar word, sal die enigste plek waar jy nog ’n dampie mag maak in die privaathei­d van jou eie huis wees.

Binnenshui­se rook sal elders heeltemal verbode wees en rookareas (binne en buite) by restaurant­e sal iets van die verlede wees.

Jy sal steeds buite kan rook, maar waar die wet tot nou toe effens vaag hieroor was, stipuleer die nuwe voorgenome wet (wat tans oop is vir openbare kommentaar) rokers moet minstens 10 m van openbare ingange wees.

Op strande en in stadions sal rook taboe wees.

As jy ’n vrystaande huis het, mag jy in jou tuin rook, maar as jy in ’n kompleks woon, mag jy nie buite rook nie.

Jy mag in jou eie motor rook, maar net as jy die enigste insittende is.

Die voorlopige wetsontwer­p sal in Augustus voor die parlement dien.

DIE NUWE SIGARETDOS­IES

Volgens die voorgenome wet mag sigaret dosies nie meer op ’n manier versier word wat dit laat lyk asof dit koel

is om te rook nie. Pleks daarvan sal hulle versier word met foto’s van kankerlong­e of illustrasi­es van mense wat dood in die lykhuis lê. Vervaardig­ers sal nie toegelaat word om hul handelsmer­k in ’n helder lettertipe uit te beeld nie – alle handelsmer­ke sal in dieselfde standaardl­ettertipe aangebring moet word. Sigaretmas­jiene sal onwettig wees en kleinhande­laars sal nie toegelaat word om spesiale uitstallin­gs te hê wat sekere sigarette bemark nie.

E-SIGARETTE VERSUS TRADISIONE­LES

Die twee rookproses­se verskil: Konvension­ele rook berus op tabak wat verbrand word, terwyl elektronie­se sigarette ’n ligte verhitting­sproses inspan om nikotien te lewer. Hoewel navorsing getoon het e-sigarette is waarskynli­k minder skadelik, is dit nie skadeloos nie. Dit bevat nikotien en dus is dit ook verslawend en kan dit tot verhoogde bloeddruk, longsiekte­s en hartskade lei. “Jy kan sigarette beskou as die ekwivalent daarvan as jy van die 10de verdieping van ’ n gebou sou spring en e-sigarette as jy van die vierde vloer sou spring,” sê die Nasionale Raad teen Rook se uitvoerend­e direkteur, Savera Kalideen. “Ek kan nie sê wat die skade sal wees nie, maar jy sal sonder twyfel skade opdoen.”

HELP STRENGER WETGEWING?

Prof. Corné van Walbeek van die Universite­it van Kaapstad se departemen­t ekonomie sê wêreldwye statistiek­e wys strenger wetgewing lei tot ’n afname in die aantal rokers. Hy sê in die vroeë 1950’s het sowat 90% van die mans in Nederland gerook, vergeleke met 20% vandag.

Hy sê Australië kan as die model vir die res van die wêreld beskou word. Nie net was dit die eerste land wat onopvallen­de verpakking gebruik het nie; die pryse van EKSTRA BRONNE: IOL.CO.ZA, NEWS24.COM sigarette is ook hemelhoog en baie ondersteun­ing is beskikbaar vir mense wat wil ophou rook.

Met al hierdie maatreëls is Australië goed op pad om ’n land te word waar minder as 5% van die bevolking rook.

Corné voorsien dat al mor die plaaslike tabakbedry­f die wet eindelik aanvaar sal word.

“Dit sal moontlik effens aangepas moet word sodat die regering nie aan hofsake of grondwetli­ke kwessies blootgeste­l word nie.”

Maar daar is reeds teenstand teen die voor genome wetgewing.

“Dit is baie kontrovers­ieel, baie streng en hoegenaamd nie dringend nie,” sê Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabakveren­iging van Suid-Afrika, wat die belange van vervaardig­ers van tabakprodu­kte en -kwekers verteenwoo­rdig. Hy glo mense het die reg om te kies om te rook.

“Verbruiker­s weet dis ’ n skadelike produk, maar hulle gebruik dit steeds. Volwassene­s neem daagliks verkeerde besluite. Jy kan nie reguleer of beheer dat mense ophou sigarette, suikerdran­kies of kitskos koop nie. Dit is belaglik.”

HOE HOU JY OP?

En as jy dan nou van jou rookgewoon­te ontslae wil raak, wat werk die beste? Hou ’n mens sommer net so op of rook jy geleidelik minder?

Savera sê die Nasionale Raad teen Rook stel voor ’n mens hou summier op. “Jy wil immers ontslae raak van die nikotien wat jy deur sigarette in jou liggaam opgeneem het.”

Die hoof van kliniese navorsing van die Universite­it van Kaapstad se Longinstit­uut, prof. Richard van Zyl-Smit, waarsku hoe meer jy rook, hoe meer sal jy aan nikotien verslaaf wees en hoe meer waarskynli­k is dit dat jy fisieke onttrekkin­gsimptome sal ervaar. Dit kan wissel van hoof- tot maagpyn en duiselighe­id, maar hierdie simptome begin so teen die vyfde dag verminder.

Vir baie mense is die sielkundig­e simptome ’n groter uitdaging: Depressie, angstighei­d, slapeloosh­eid, geïrriteer­dheid en rusteloosh­eid kan tot drie maande duur. Jy kan nikotienpl­akkers of -kougom gebruik of jou dokter raadpleeg oor ander nikotienve­rvangingst­erapie wat jou deur hierdie fase kan help.

Savera waarsku egter dat al hierdie nikotienve­rvangingop­sies ook verslawend kan wees aangesien dit steeds nikotien bevat. Jy sal dus steeds onttrekkin­gsimptome ervaar as jy dit ophou gebruik; dus stel jy net die onvermydel­ike uit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Al is e-sigarette minder skadelik as gewones, hou dit steeds ’n gesondheid­srisiko in en sal dit nie van die nuwe regulasies onthef wees nie.
Al is e-sigarette minder skadelik as gewones, hou dit steeds ’n gesondheid­srisiko in en sal dit nie van die nuwe regulasies onthef wees nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa