Huisgenoot

Brümilda se nuwe rigting ná hartseer

Brümilda groet Binnelande­rs ná vyff jaar nadat ’n groot hartseer haar laat besef hett die lewe staan nie stil nie

- Deur MARISA FOCKEMA EMA

VYF jaar lank het Brümilda van Rensburg elke oggend om halfses opgestaan, gereed om Jana Koster se skoene in Binnelande­rs vol te staan. Maar die afgelope paar dae is dit “tog te lekker om te kan omdraai en net verder te doeks of te lê”, sê die veteraan-aktrise.

Deesdae hoef sy nie meer elke oggend haar sepiekarak­ter te word nie, want daardie hoofstuk in haar lewe is vir eers verby.

Op 21 Mei groet haar karakter in dié kykNET-sepie, waarna Brümilda (61) nie meer elke aand in huishoudin­gs oor die land heen op die kassie te sien sal wees nie.

“Ek ervaar dieselfde gevoel as destyds toe ek by Egoli klaargemaa­k het,” vertel Brümilda, wat voorheen 18 jaar lank die rol van Louwna in dié M-Net-sepie vertolk het. “Ek het by die trap (van die Edwards-woning) afgestap en die laaste skoot is verfilm. Dit was tyd.

“Nou stap ek ook vir my laaste skoot by die trap af en dit voel reg.”

Hierdie keer was dit die trap van die Kosters se huis.

Hoe presies haar karakter groet, wil Brümilda nie verklap nie. En of Jana sterk genoeg was om ná ’n senuineens­torting oor haar man, At Koster (gespeel deur die akteur Hans Strydom), se liefde vir sy eksmeisie Ivanka Gouws (Leandie du Randt) na die Binnelandh­ospitaal terug te keer, sal net die tyd leer.

Sedert Brümilda 38 jaar gelede vars uit Tukkies se dramaskool op die verhoog geklim het, was sy nog nie een dag sonder werk nie. Sy het meer as 80 plaaslike en internasio­nale produksies agter haar naam.

By ’n sepie word daagliks teen ’n verskrikli­ke pas gewerk en sy het in ’n week sowat 25 tonele verfilm, vertel sy.

“Ek het ’n blaaskans nodig,” verduideli­k die aktrise wat in 2015 15 vir haar rol in Binnelande­rs die Huisgenoot­Tempo-prys vir sepie-aktrise pie-aktrise van die jaar ontvang g het.

“Ek is te moeg om m sesuur saans vir die eerste e keer my woorde te begin leer. er. Dis elke dag druk, verantwoor­delikheid, ordelikhei­d, harde werk en voorbereid­ing. bereiding. En as gister verby is, begin egin jy môre weer van voor af.”

Die kans om ná jare are se harde werk asem te skep het haar aangespoor om die sepie pie te groet, maar ’n groot hartseer seer het haar ook laat besef die lewe ewe staan nie stil nie. Die gedagte e om te groet het aan haar begin knaag toe haar broer, Renico van Rensburg, ’n mode- en skoonheids­fotograaf, idsfotogra­af, verlede jaar op die ouderdom van 64 jaar skielik oorlede de is.

“Hy was net drie jaar ouer as ek,” vertel sy hartseer. eer. “Ons lewe asof of ons vir ewig gaan an lewe. Ek het besluit daar is nog te veel wat t ek wil doen. En wanneer ek ouer is, kan of wil ek dalk nie meer al die dinge doen nie.”

SY SIEN baie uit na die nuwe uwe fase, maar erken rken sy gaan haar aar kollegas en n vriende by Binnelande­rs mis. “Daar is ’n ongeloofli­ke oflike gevoel van kameraadsk­ap kap onder die Binnelande­rs-mense. mense. Hulle het my van die eerste e dag af onvoorwaar­delik aanvaar. Jy word vas en veilig gehou. Dis soos os ’n familie.”

Toe die oomblik van afskeid aanbreek, het sy gesukkel esukkel om haar trane te keer. er. Die

‘Nou stap ek ook vir my laaste skoot by die trap af; dit voel reg’

akteurs en produksies­pan het ná haar laaste toneel met ’n bos blomme op die vloer bymekaarge­kom. Elsjé Stark, medevervaa­rdiger van die sepie, het haar aan die hand gevat en gesê: “Jy sal altyd familie bly. Kom kuier en kom kyk wie At volgende verneuk.” Noudat haar pad met die sepie sy einde bereik het, wil sy meer tyd aan haar drama - akademie en agentskap wy. Ag, en sy wil swem, Plettenber­gbaai toe gaan (waar sy en haar jongste suster ’n woonstel het) en miskien vir haar vriendin uit haar studenteda­e, die voormalige Mej. Wêreld Anneline Kriel (nou Bacon), op Mauritius gaan kuier. “Ek wil rus en lees, onthaal en braai, my inboks leegkry, die Italiaanse eiland Sisilië besoek en ná vyf jaar weer my gholfstokk­e optel. En wie weet wat nog voorlê? Dis lekker om vir ’n slag nie te weet nie.” Die afgelope vyf jaar het haar sepiekarak­ter gegroei van die hospitaal se skakelbeam­pte tot ’n suksesvoll­e sakevrou wat Binneland se onkologies­entrum bestuur en aandele in die hospitaal het. Brümilda bewonder Jana vir “haar lojaliteit en sterk beginsels van wat reg en verkeerd is”. Sy onthou nog haar eerste dag op die Binnelande­rs-stel toe sy in ’n toneel saam met die aktrise Nadia Valvekens (Pippa) en die akteur Erik Holm (Rian) gespeel het. Sy het by ’n tafel gesit en met haar dia- loog begin, maar toe roep die vloerbestu­urder, Freddie Sauerman, almal moet stop. Daar was ’n hinderlike klank.

“Ons begin toe van voor af, maar toe begin dit weer: tik, tik, tik,” onthou Brümilda.

Sy lag toe sy vertel sy was toe die hele tyd die skuldige. “My bene het so gebewe die glastafel waarby ek gesit het, het geratel.”

Sy sal ook nooit van die glips vergeet toe hulle eendag ’n belangrike toneel in die gange van Binneland Kliniek verfilm het nie. “Ek moes om ’n draai loop, en dan lui my foon. Pleks daarvan om te antwoord ‘Jana, hallo’, het ek gesê ‘Louwna, hallo’.”

Sy lag en dink met ’n glimlag terug. Die sepie se 3 000ste episode word op 14 Mei uitgesaai en daar is eintlik te veel spesiale tonele en oomblikke om op te noem. En die mense – hulle het so diep in haar hart ingekruip.

NES haar karakter stel Brümilda familie eerste. Sy is op Philippoli­s in die Vrystaat gebore en het as kind vyf jaar op ’n plaas naby dié dorp gewoon voor die gesin na Pretoria verhuis het. Vandag nog is sy en haar twee susters, Nancy Blomerus (60) en Fredrika Jansen van Rensburg (52), geheg aan mekaar.

Sy verlang nog baie na Renico, wat die oudste en enigste seun was. “Ek het elke dag met hom gepraat.”

Haar broer het vir sowat vier maande in ’n jaar sy tasse gepak om saam met Brümilda in Johannesbu­rg te werk. Hy het haar portefeulj­es vir haar dramaskool en agentskap voorberei, fotosessie­s met haar studente behartig en haar webtuiste bestuur. Leandie du Randt en Je-ani Swiegelaar (Naomi in Binnelande­rs) is van die aktrises wat hier geskool is.

“Hy het alles vir my gedoen,” sê Brümilda oor haar broer. “As dit nie vir hom was nie, sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie.”

Sy dood maak seer en is moeilik om te verwerk, maar haar geloof hou haar sterk, vertel sy.

Op 61 straal sy nog ’n aansteekli­ke energie uit en laat sy steeds die koppe draai. Haar grootste skoonheids­geheim is sy kyk mooi na haar vel en haal altyd haar grimering af voor sy saans gaan slaap, verklap sy. En sy gaan vir die eerste keer in jare weer tyd hê om te oefen.

Al vat sy dit nou rustiger, gaan sy nie die wêreld van toneelspel groet nie. Sy vertolk ’n gasrol as Hyla, die suster van Meintjie (gespeel deur Sandra Prinsloo), in die kykNET-komedie Mense Mense. Daar is ook sprake dat Jonathan 2, ’n rolprent geïnspiree­r deur Jonathan van Radio Raps-faam, volgende jaar verfilm gaan word en sy daarin gaan speel.

En sal ons Jana dalk weer eendag in Binnelande­rs sien? “Ek dink nie sy gaan gou weer terugkom nie. Sy het tyd nodig om gesond te word. Maar wie weet wat die toekoms inhou . . .”

Sy glo immers daar is met alles ’n plan. “Die Here weet wat Hy doen. Ek volg net. Ek is vreesloos, want ek het Hom.”

 ??  ?? Brümilda van Rensburg groet eersdaags haar Binnelande­rskarakter, die dinamiese Jana Koster.
Brümilda van Rensburg groet eersdaags haar Binnelande­rskarakter, die dinamiese Jana Koster.
 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: Brümilda se karakter Jana is in November 2016 met At Koster (Hans Strydom) getroud; in Mei 2017 is sy aangestel as die onkologies­entrum se nuwe hoof; Jana en Margot Brink (Amalia Uys).
VAN LINKS: Brümilda se karakter Jana is in November 2016 met At Koster (Hans Strydom) getroud; in Mei 2017 is sy aangestel as die onkologies­entrum se nuwe hoof; Jana en Margot Brink (Amalia Uys).
 ??  ?? BO: Brümilda saam met haar susters, Fredrika Jansen van Rensburg (links) en Nancy Blomerus. REGS BO: Brümilda se broer, Renico, is verlede jaar oorlede.
BO: Brümilda saam met haar susters, Fredrika Jansen van Rensburg (links) en Nancy Blomerus. REGS BO: Brümilda se broer, Renico, is verlede jaar oorlede.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa