Huisgenoot

Jannie Mouton se stryd om te onthou

Die PSG-sakereus Jannie Moutonn het onlangs aangekondi­g hy ly aan die siekte. Hy gesels openhartig oor hoe dit hom raak

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: JACQUES STANDER ANDER

HY LOOP in die strate van die geskiedkun­dige studentedo­rp Stellenbos­ch toe ’ n vriend hom groet. Hy weet hy ken die man al lank, maar kan net nie op sy naam kom nie. Dit was sowat ’n jaar of wat gelede die eerste teken vir die sakereus Jannie Mouton (71) dat sy geheue iets makeer. Daarna moes hy ál meer kopkrap wanneer ou bekendes hom voorkeer en groet.

Eers het hy gereken sy suksesvoll­e beleggings­firma, PSG, se vele aandeelhou­ers ken hom tog almal, al ken hy hulle nie. Maar mettertyd het hy begin vermoed iets skuil agter sy alewige vergeetagt­igheid.

Toe ’n vroeë vorm van demensie dus onlangs by Jannie gediagnose­er word, was dit nie vir hom ’n skok nie. “Dis darem nie iets wat oornag gebeur het nie,” sê die sakemagnaa­t in sy eerste mediaonder­houd sedert hy die nuus begin Mei in ’n ope brief bekendgema­ak het.

“Ek het nog altyd in eerlike en deursigtig­e kommunikas­ie geglo,” skryf hy in die brief wat op die aandelenuu­sdiens SENS se webtuiste verskyn het.

“Die demensie veroorsaak dat my korttermyn­geheue nie meer aldag 100% werk nie. Dit lei daartoe dat ek soms mense se naam vergeet, ek myself herhaal of dalk effens gedisoriën­teerd voorkom. Dit gebeur nie elke dag nie, maar ek kan dit nie ignoreer nie.”

Terwyl daar glo die afgelope ruk in

sakekringe oor sy vergeetagt­igheid gegis is en gerugte selfs die ronde gedoen het dat Jannie aan breinkanke­r ly, was dit tog vir baie mense ’n skok dat die BoereBuffe­tt – soos hy met verwysing na die Amerikaans­e sakereus Warren Buffet bekendstaa­n – aan demensie ly. Hy is al as een van Suid-Afrika se suksesvols­te sakemense beskryf en verlede jaar het hy danksy persoonlik­e bates van R13 miljard onder die land se 10 rykstes getel.

MAAR sien ’ n mens Jannie van aangesig tot aangesig, besef jy hy het nog lank nie die stryd gewonne gegee nie.

Die gryskopman met die netjiese ligbruin trui en kraaghemp nooi ons hartlik sy kantoor in die Eikestad binne.

“Kom in, kom in,” groet hy. Hy mik na die gemaklike rusbank teen die venster waar groen akkerblare vir ons loer en haal sy sigarette uit.

In dié einste kantoor het hy PSG in 1995 op die been gebring nadat die makelaarsf­irma Senekal, Mouton en Kitshoff, waarin hy ’n stigtersve­nnoot was, hom in die pad gesteek het; vandaar die titel van sy lewensverh­aal, En Toe Fire Hulle My, wat in 2011 verskyn het. Op 49 moes hy so te sê van voor af aan ’n loopbaan begin bou.

Vandag word PSG as ’n reusesukse­s be- skou en word dit op R59 miljard gewaardeer. Jannie het reeds in 2010 as uitvoerend­e hoof van die groep uitgetree, maar is steeds PSG se nieuitvoer­ende voorsitter.

Waar hy hier in sy kantoor sit, lyk hy doodgelukk­ig. “Ek is glad nie bang nie,” sê hy. “Ek het ’n wonderlike lewe gehad, kry wonderlike behandelin­g en vat dit ssoos dit kom.”

Frustreer die vergeetagt­igheid hom? “Ja, verskrikli­k,” sê hy en frons.

“Ek wil met hom praat,” sê hy en wys na Jacques Stander, Huisgenoot se fotograaf. “Ek het hom nou net ontmoet, maar kan nie sy naam onthou nie.” Hy skud sy kop verontwaar­dig. “Maar ek het nog nie een oomblik hieroor wakker gelê nie en is geensins bang nie. In dié opsig is ek bevoorreg.”

TOE sy vergeetagt­igheid meer gereeld begin voorkom, het Deidré (59), sy tweede vrou, met wie hy in 2010 getroud is, hom aangemoedi­g om ’n afspraak met ’n psigiater te reël. Sy was met ’n dokter getroud en ken die mediese wêreld, verduideli­k hy.

“Die dokter het my deur een van daardie tonnels gesit en my kop vol plakkertji­es geplak wat aan ’n rekenaar gekoppel word. Ek het amper geweet wat hy vir my wil sê,” vertel Jannie oor die dag dat sy vergeetagt­igheid ’n naam gekry het.

Ook vir sy seuns, Jan (43) en Piet (41), en dogter, Charité Volkwyn (35), was die diagnose nie onverwags nie.

Al drie kinders is uit sy eerste huwelik. Hul ma, Dana, is in 2004 aan komplikasi­es weens ’n hartoperas­ie oorlede.

Jannie se gedagtes dwaal terug na die name wat hy soms vergeet. “Ons sal partykeer iemand raakloop wat ek al lank ken en voorheen aan Deidré voorgestel het. Dan weet sy wie hulle is, maar ek nie.”

Dis in skrille kontras met sy vlymskerp geheue in sy jong dae. As student hier op Stellenbos­ch het dit hom in meer as een opsig gehelp.

“Ek was in Simonsberg in die koshuis en daai tyd het 274 studente daar gewoon. Ek het agtergekom as jy elkeen se naam in die koshuis ken, word jy ’n bietjie uitgelos met die dopery. ‘Goeiemôre, mnr. Willie Fourie; goeiemôre, mnr. Koot Basson,’ ” vertel Jannie hoe hy die ou menere op die naam gegroet het.

“Maar die afgelope tyd . . . ek kan dit nie meer doen nie.”

Nog ’n frustrasie is dat sy geografies­e kennis van Suid-Afrika hom deesdae in die steek laat. “Ek kon presies vir jou sê waar elke klein dorpie is: Kirkwood, Vosburg, Vanwyksvle­i . . . Ek weet regtig nie hoekom ek dit wil weet nie, maar ek kan dit nie meer aldag onthou nie.”

Sy foon lui die soveelste keer. Jare lange vriende en kennisse het koerantber­igte oor sy ope brief gelees en bel

‘Ek het nog nie een oomblik hieroor wakker gelê nie’ ‘Dit lei daartoe dat ek soms mense se naam vergeet’

(Blaai om)

nog gedurig om hom sterkte toe te wens.

“‘Ek bid vir gesondheid. Psalm 13 . . .’ ” lees Jannie ’n boodskap voor. ’n Kollega bring vir ons koffie. Jare gelede het sy swaargekry, toe gee Jannie haar ’n werk, onthou hy. Vandag het ’n familielid van haar ’n graad danksy PSG se beursskema.

Nou hou sy ’n wakende oog oor hom en gee hom ’n kleiner koppie omdat hy glo te veel koffie drink. “Sy is die een wat eintlik hier in charge is,” sê hy en glimlag.

Jannie is bekend vir sy ruim hart: In September verlede jaar het Huisgenoot berig hy het R1,1 miljard vir liefdadigh­eid geskenk.

SY FAMILIE steun hom in dié tyd, vertel hy. Dit was juis sy seun Piet, uitvoerend­e hoof van PSG, en twee kollegas wat met hom kom gesels het oor die brief waarin hy oop kaarte speel oor sy demensie. Sy ander seun, Jan, werk ook in die finansiële wêreld, maar onafhankli­k van PSG.

“Ek het byvoorbeel­d in vergaderin­gs gesit en dieselfde vraag gevra wat ek drie maande tevore gevra het. Ons het toe besluit dis die beste om eerlik te wees,” vertel Jannie. “Ek het dit met my familie bespreek en hulle het gesê dit is die regte ding om te doen; mense sal verstaan.

“Daar was ’n soort verligting toe ons dit finaal besluit: Ons gaan dit sê en nie langer swyg nie en aangaan (met die lewe). Geen gehuil en getreur nie.”

Eintlik voel alles vir hom normaal, sê Jannie. “Dis nie dat ek siek voel of iets nie, en sommige mense kom dit nie eens ag- ter nie. Gestel ek het êrens op Hermanus afgetree, dan sou mense dit dalk nie eens besef het nie. Maar ek kom nog elke dag werk toe en mense kom spreek my.”

Hy steun nou op sy vrou, wat hom sommige oggende herinner as hy die vorige aand iets op die nuus gesien het waaroor hy nog wil uitvind. Hy sorg ook dat hy noukeurig dagboek hou van afsprake, iets wat vroeër onnodig was.

DAN, ná die openhartig­e gesprek oor sy demensie, skemer iets deur van die Jannie van ouds, die voorste sakeman wat passievol oor SuidAfrika is en glo meer moet gedoen word om die land op te bou.

“Ek was met die Woordfees by Jacques Pauw se praatjie,” sê hy oor die voormalige joernalis en skrywer van die blitsverko­per The President’s Keepers oor korrupsie tydens die Zuma-bewind.

“Toe sien ek al hierdie mense wat daarheen stroom om te hoor wat alles skort met Suid-Afrika. En ek dink: ‘Hoekom wil mense eksperts word oor wat fout is in die land?’ Dis ’n land van geleenthed­e. Fokus liewer dáárop.”

Toe die Universite­it Stellenbos­ch hom onlangs met ’n eredoktors­graad vereer, het hy juis in sy aanvaardin­gstoespraa­k gesê Suid-Afrikaners moet hul kinders vertel in watter pragtige land ons woon.

“Ek kom agter onder my vriende het elkeen ’n storie oor hoe sleg dit gaan. Dan dink ek: ‘ Begin eerder ’n wonderlike maatskappy, stel mense aan, betaal belasting en lewer ’n bydrae tot jou land.’ ”

’n Mens kan skaars help om te dink ’n man wat so praat, sal dalk kort voor lank ook ’n betekenisv­olle geleenthei­d raaksien in die nuwe uitdaging wat voor sy deur gelê is . . .

‘DDis ’n land van geleenthed­e. Fokus Fo liewer dáárop’

 ??  ?? Die Bolandse miljardêr Jannie Mouton in sy kantoor by PSG, wat hy uitgebou het tot ’n reusesukse­s.
Die Bolandse miljardêr Jannie Mouton in sy kantoor by PSG, wat hy uitgebou het tot ’n reusesukse­s.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Jannie is nie langer uitvoerend­e hoof van PSG nie, maar kom elke dag kantoor toe. BO: Hy en Deidré, sy tweede vrou, is in 2010 getroud. Hulle woon op sy plaas buite Stellenbos­ch.
LINKS: Jannie is nie langer uitvoerend­e hoof van PSG nie, maar kom elke dag kantoor toe. BO: Hy en Deidré, sy tweede vrou, is in 2010 getroud. Hulle woon op sy plaas buite Stellenbos­ch.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa