Huisgenoot

Gebruik verbloemer hiervoor

-

VELFOUTJIE­S

Verbloemer­s is oorspronkl­ik geskep om tekortkomi­ngs soos vlekke, donker kringe en pigmentasi­e te verbloem. Jou onderlaag bedek gewoonlik die foutjies effens voor jy verbloemer aanwend, waarna jy die foutjies wat nog sigbaar is met verbloemer bedek wat by jou velkleur pas. ’n Mens doen dit deur liggies met jou vinger, ’n borsel of ’n spons te skakeer tot jy tevrede is met hoeveel bedekking dit jou bied.

BASISLAAG

Om ander grimering soos oogskadu en lipstiffie langer te laat hou, kan jy eers verbloemer oor jou ooglede en aan jou lippe sit. Nadat die verbloemer geset het, kan jy oogskadu of lipstiffie aanwend. ’n Verbloemer wat twee of drie skakerings ligter as jou vel is, sal die kleur wat jy bo-oor aanwend, laat uitstaan; maak net seker jy bedek al die verbloemer sodat te veel kleure nie sigbaar is nie. Verbloemer help ook verhoed dat oogskadu in voutjies beland.

VERLIGTER

Verligting is wanneer ’n blinkerige produk gebruik word om die illusie van ’n gloed aan jou gesig te skep. Of as jy verbloemer gebruik wat een of twee skakerings ligter as jou vel is om kontoervor­ming aan te vul en die illusie van, byvoorbeel­d, voller lippe of ’n hoër neusbrug wil skep. Skakeer byvoorbeel­d ’n ligte verbloemer aan die neusbrug en ’n donkerder een aan weerskante van die neus om die indruk van ’n smaller, hoër neus te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa