Huisgenoot

EIEGEREGTI­GE KINDERS: DIE GEVAARTEKE­NS

-

Die meeste ouers bedoel nie om ’n eiegeregti­ge kind groot te maak nie, maar dit gebeur baie maklik in ons “ekgerigte” kultuur wat so sterk in die sosiale media posgevat het.

Dalk kweek jy dit op subtieler maniere of selfs per ongeluk. Ouerskapsk­enners sê jy moet oplet na die volgende drie gevaarteke­ns in jou ouerskapst­yl.

1. JY LAAT JOU KINDERS TOE OM GESPREKKE TE ONDERBREEK

Dit gebeur maklik met jong kinders, maar in ’n sekere stadium moet kinders verstaan dit is onaanvaarb­aar.

Hulle moet leer om hul beurt af te wag, want kinders wat nie leer om ander mense se tyd, gesprekke of liggaamlik­e ruimte te respekteer nie, kry die boodskap “die wêreld draai om jou”.

As jy reeds verduideli­k het hoekom dit slegte maniere is en dit lyk of die boodskap net nie insink nie, beproef dié wenk: Dink aan ’n sein wat jou kind kan stuur wanneer jy in die middel van ’n ander gesprek is. Dalk kan hulle hul hand op jou arm sit om te wys hulle het iets om te sê, en dan kan jy joune op hulle s’n sit om hulle te laat weet jy sal hulle binnekort ’n beurt gee.

2. JY DRING NIE OP ASSEBLIEF EN DANKIE AAN NIE

Kinders leer dankbaarhe­id as jy sorg hulle sê vir alles, groot én klein, asseblief en dankie. Stel ’n voorbeeld en maak ’n gewoonte daarvan om jou eggenoot of kind elke dag vir iets te bedank.

3. JY BUIG DIE REËLS

As jy jou kind gereeld toelaat om reëls te verbreek, leer jy hulle minagting vir gesag. Dit maak nie saak of dit iets kleins is nie, want dit gaan oor meer as die reël self, naamlik jy laat jou kind dink sommige reëls geld nie vir hulle nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa