Huisgenoot

KANKERSKOK WYL ONS ANDER HELP

Kankerlyer­s lê die Big Concerts-grootbaas en sy vrou al lank na aan die hart – maar nou veg sy dogtertjie self teen die groot K

- Deur PIETER VAN ZYL

LANK voor die hartseer dag toe leukemie by sy driejarige dogtertjie gediagnose­er is, het Justin van Wyk en sy vrou, Karen, reeds ’n diep medelye gehad met kankerlyer­s en kinders wat terminaal siek is. As uitvoerend­e hoof van Big Concerts, wat al groot name in die musiekwêre­ld soos One Direction na Suid- Afrika gebring het, het Justin gereël dat twee terminaal siek aanhangert­jies en hul gesinne dié gewilde mansgroep se lede agter die skerms by een van hul optredes hier in 2015 ontmoet.

En nou veg sy eie klein Annabelle self teen ’n dodelike siekte.

“As kanker by jou kind gediagnose­er word, word jy met die dood gekonfront­eer. Dit word ’ n werklikhei­d. Jy kan kanker nie met al die geld in die wêreld omkoop of wegkoop nie,” sê Justin (36).

Op drie en ’n half het die dood ook al vir sy Annabelle meer as net ’n moeilike konsep geword. Vir haar ma, Karen (32), het sy gesê: “As ek dood is, moet mamma ’n baba hê en haar Stella noem.”

“Jy hoor altyd van kinders met kanker en dink nie dit sal ooit met jou gebeur nie,” sê Karen, wat Big Concerts se sosiale projekte behartig. Benewens die Reik na ’n Droom-stigting, wat terminaal siek kinders se drome help bewaarheid, is hulle ook al lank betrokke by die Sonneblomf­onds, wat beenmurgsk­enkers werf. “Ons het nie gedink ons dogtertjie sal dit (’n beenmurgsk­enking) dalk eendag nodig hê nie,” voeg Karen by.

Nadat Anabelle ses maande lank gedurig in die hospitaal was om chemoterap­ie te ontvang, is haar leukemie nou in remissie. Toe die dogtertjie met ’n vriendelik­e “hallo” by die gesin se ruim huis in Kampsbaai, Kaapstad, kom groet, is al sigbare teken van haar kankerstry­d die kort donshaartj­ies op haar kaalgeskee­rde koppie.

Al lyk sy op die oog af na ’n sorgelose kleinding, is sy gedwing om vinnig groot te word, sê haar pa hartseer. “Terwyl ander kinders van haar ouderdom in parkies speel, het sy in die hospitaal met ’n drup gelê.”

Hulle het aan haar verduideli­k sy het kieme in haar bloed en moet medisyne daarvoor kry. Dit was vir die ouerpaar hartverske­urend toe sy vra wat sy verkeerd gedoen het om siek te wees.

“Ek vertel vir haar sy is spesiaal en dapper, en net dapper kinders kry suigstokki­es,” vertel Karen.

Wat die pyn vir Karen selfs nog erger maak, is dat sy haar suster Annelien Gouws op 16 aan leukemie verloor het. “Ons was die afgelope ses maande op

autopilot,” sê Karen oor die moeilike tyd sedert die groot K sy skadu oor hul gesin gegooi het.

SIEN jy Annabelle in haar kamer met haar poppe speel, is dit moeilik om te glo ’n kankerstry­d het al deel van haar werklikhei­d geword.

Die eerste teken was toe sy verlede jaar uit die bloute begin mank loop. Kort daarna, op 13 Oktober, het Karen swart en blou kolle onder haar dogtertjie se vel op ongewone plekke soos haar kuite, bobeen en maag asook rooi kolletjies op haar bene opgemerk.

Ná ’n internetso­ektog het sy tot die slotsom gekom dit kan moontlik kanker wees en het sy Justin dadelik gebel.

“Ek kon nie asem kry nie,” onthou Karen. “Ek wou bloot nie aan die ergste dink nie.”

Sy het foto’s van die kolletjies geneem en vir haar dokterswae­r, Johan Loots, in Bloemfonte­in gestuur. “Met jou familieges­kiedenis stel ek voor jy vat haar dadelik hospitaal toe,” het hy gesê. Sy en Justin is toe met Annabelle na die MediClinic in die Tuine, waar ’n traumadokt­er bloed getrek het.

Tweeuur die volgende oggend het die dokter en die hoofbestuu­rder van die hospitaal hulle van Annabelle se bed weggeroep om die skoknuus oor te dra: Dit kan ’n virus in haar ruggraat of leukemie wees.

Later daardie dag, 15 Oktober, toevallig Justin se 36ste verjaardag, het ’n beenmurgbi­opsie bevestig dis leukemie (bloedkanke­r). “Dit was ’n ‘ veels geluk’ van die lewe af,” merk hy droogweg op.

Karen se ouers, André (69) en Ronel (66) Gouws, het dadelik uit Bloemfonte­in Kaapstad toe gevlieg. Dit was ook vir Jus-

tin se ouers Attie (66), die stigter van die suksesvoll­e Big Concerts, en Isa (64), van Hermanus ’n groot skok.

“Grootouers verwag nie om ’n kleinkind teen kanker te help veg nie,” sê Justin.

Annabelle is oorgeplaas na die Rooi Kruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad, waar ’n paneel dokters die amptelike diagnose gemaak het: B-sel- akute limfoblast­iese leukemie. Sy moes dadelik met behande- ling begin. Gedurende die lang dae en nagte in die hospitaal het dit die Van Wyk-egpaar opgeval hoe die ouers van die jong pasiënte saamstaan.

Hulle vertel organisasi­es soos Child- hood Cancer Foundation South Africa ondersteun ouers wat van so ver as die Klein-Karoo en Oos-Kaap kom. Hulle sorg vir slaapplek, ’n warm stort, koffie en muffins. “Jy kan nie glo hoe belangrik hierdie dinge raak nie,” sê Karen.

“Ons wil meer betrokke raak en sorg dat mense weet hulle kan ’n kind se lewe red deur hulself te registreer om beenmurg te skenk, en dit sal hulle nie ’n sent kos nie. Dit is deesdae ’n relatief pynlose en vinnige proses soos bloedskenk.”

Ná die kankerbeha­ndeling is Annabelle se immuunstel­sel nou verswak; daarom moet hulle keer sy word siek.

“Ons huis is vol ontsmettin­gsmiddels ,” sê Justin. By haar kleutersko­ol weet die ander ouers hulle moet die Van Wyks waarsku as ’n kind verkoue of masels het, want dit kan Annabelle se dood beteken.

“Ons kon dit die eerste ses maande nie waag om met haar by ’n parkie tussen kinders te gaan speel of haar na kinderpart­y tjies te neem nie. Hoewel die risiko nou laer is omdat die kanker in remissie is, bly ons daarvan bewus dat haar immuunstel­sel verswak is, maar ons kan

haar ha ook nie van die lewe weghou nie,” sê Karen. K

Ouboet Adrian (6) is baie beskermend teenoor te sy kleinsus en volg haar soos ’n skaduwee sk saam met hul golden retriever, Bentley. Be Hulle probeer hom so normaal moontlik m grootmaak en neem hom nie saam sa hospitaal toe nie. Wanneer sy sussie si vir behandelin­g gaan, pas familieled­e hom ho op. “Hy weet sy sussie is siek, maar in hierdie stadium hoef hy nie meer as dit te weet nie,” sê Karen.

Hulle leef nou van maand tot maand tot to Annabelle weer vir toetse of behandelin­g de moet gaan. Intussen stroom duisende se boodskappe van ondersteun­ing van va hul wêreldwye netwerk van beroemdes en hul agente in. Justin het met sy werk by Big Concerts immers al van die bekendste sangers ter wêreld ontmoet – van Justin Bieber, Lady Gaga en Pharrell Williams tot Lionel Richie, Santana, Tina Turner, U2, Neil Diamond en Roxette. Maar tussen alles deur dink hy aan kinders wat nie so gelukkig soos Annabelle is om ’n goeie mediese fonds te hê nie. Saam met sy kontakte in die musiekwêre­ld beplan Justin “’n baie spesiale konsert” teen die einde van die jaar om die lewe vir ander siek kinders ’n bietjie makliker te help maak. Want die Groot K diskrimine­er nie, en elke gebaar van liefde, sorg en omgee kan die wêreld se verskil in ’n jong lewe maak. S

 ??  ?? HOOFFOTO: Justin van Wyk van Big Concerts in hul Kampsbaai-huis saam met sy vrou, Karen, en hul kinders, Adrian en Annabelle. Leukemie is verlede jaar by die dogtertjie gediagnose­er. ONDER: Justin het in Februarie sy hare afgeskeer toe Annabelle s’n...
HOOFFOTO: Justin van Wyk van Big Concerts in hul Kampsbaai-huis saam met sy vrou, Karen, en hul kinders, Adrian en Annabelle. Leukemie is verlede jaar by die dogtertjie gediagnose­er. ONDER: Justin het in Februarie sy hare afgeskeer toe Annabelle s’n...
 ??  ?? BO: Annabelle in haar hospitaalb­edhospitaa­lbed. REGS BO: Die kleinding saam met haar boetie, Adrian, toe sy nog gesond was.
BO: Annabelle in haar hospitaalb­edhospitaa­lbed. REGS BO: Die kleinding saam met haar boetie, Adrian, toe sy nog gesond was.
 ??  ?? Boetie en sussie in haar kamer saam met hul geliefde hond, Bentley.
Boetie en sussie in haar kamer saam met hul geliefde hond, Bentley.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa