Huisgenoot

Hykie vier sy 40ste

-

Die Binnelande­rs-akteur Hykie Berg het sy 40ste 40s verjaardag op 2 Mei behoorlik gevier met m ’n karnaval partytjie met ’n neonkleurs­kema. Dit is in die Kai Thai-oord by die Wieg van die Mensdom gehou wat behoort aan sy peetpa, Ron Hutchinson. Dit was ook ’n viering van die lewe van Hykie se beste vriend, Ron, se seun, Ihan, wat 10 jaar gelede oorlede is. “Hy sou binnekort ook 40 geword het,” sê Hykie.

Onder die gaste was die akteurs Pascal Pienaar, Ramey Short en Pietie Beyers. “My suster, Magrikie, het van die Kaap af gekom en my ma, Pauli Berg (van Pretoria), was ook daar. Almal het kostuums aangetrek, ons het gekuier, geswem, Thai-kos geniet en die aand om ’n groot vuur sit en braai.”

Hykie se mentor, Wouter Snyman, ’n skrywer en uitvoerend­e hoof van ’n finansiële groep, sy Binnelande­rs-medeakteur Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker) en ’n goeie vriend, Riaan Neveling, het toesprake gelewer.

Hykie en sy vrou, Melissa, het ook hul huwelikshe­rdenking gevier; hulle was die vorige dag vyf jaar getroud. Hulle wil oor twee jaar met ’n gesin begin.

“Ek is glad nie gepla dat ek 40 getref het nie,” sê Hykie, wie se outobiogra­fie, Hykie Berg: My Storie van Hoop, verlede jaar verskyn het. “Ek sê al my lewe lank dat ek 121 jaar oud gaan word. My beste jare kom nog.”

 ??  ?? Hykie (heel agter) by van sy gaste. Agter van links is die vervaardig­er Cobus van den Berg, Ramey Short (dr. Quinton in Binnelande­rs), Jacques Westerberg, Pietie Beyers (Binnelande­rs se dr. Deon) en Adrian Steyn (Binnelande­rs se Ruben). Voor is Ramey...
Hykie (heel agter) by van sy gaste. Agter van links is die vervaardig­er Cobus van den Berg, Ramey Short (dr. Quinton in Binnelande­rs), Jacques Westerberg, Pietie Beyers (Binnelande­rs se dr. Deon) en Adrian Steyn (Binnelande­rs se Ruben). Voor is Ramey...
 ??  ?? BO: Hykie Berg op sy 40ste verjaardag­partytjie in die Kai Thai-oord by die Wieg van die Mensdom. LINKS: Vet pret in opgeblaasd­e soemo-stoeiersui­trustings en ’n soen vir vroulief Melissa. ONDER: Hykie en sy vriend Riaan Neveling baljaar in die swembad.
BO: Hykie Berg op sy 40ste verjaardag­partytjie in die Kai Thai-oord by die Wieg van die Mensdom. LINKS: Vet pret in opgeblaasd­e soemo-stoeiersui­trustings en ’n soen vir vroulief Melissa. ONDER: Hykie en sy vriend Riaan Neveling baljaar in die swembad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa