Huisgenoot

ST. GEORGE-KAPEL

-

Omdat Harry en Meghan graag ’n intieme troue wou hê, het hulle dié kapel op die terrein van die Windsorkas­teel vir hul huwelikser­emonie gekies. In teenstelli­ng met die Westminste­r-abdy in Londen, wat plek het vir 2 000 mense en waar ouboet William en Kate in 2011 getroud is, kan hier net 800 mense inpas.

Verskeie koninklike troues is al in die St. George-kapel gehou. Die eerste was in 1863 toe koning Edward VII en koningin Alexandra afgehaak het. Meer onlangs, in 2008, is Peter Phillips, die seun van Harry se tannie prinses Anne, hier met sy Kanadese meisie, Autumn Kelly, getroud.

Dit is ook die plek waar ’n kerklike bevestigin­gseremonie tussen Harry se pa, prins Charles, ens y tweede vrou, Camilla Parke r Bowle s, gehou is ná hul burgerlike huwelikspl­egtigheid in 2005 by Windsor Guildhall.

Op 12 Oktober vanjaar trou nog ’n jong koninklike hier wanneer Harry se niggie prinses Eugenie (28) met die wynhandela­ar Jack Brooksbank (32) afhaak.

Nie minder nie as 10 konings lê in die kapel begrawe.

Hulle is onder andere Harry se grootjies, koning George VI en die koninginmo­eder, sowel as prinses Margaret, sy ouma se suster.

Dit sal vermoedeli­k ook die laaste rusplek van koningin Elizabeth II wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa