Huisgenoot

VIS-EN-AARTAPPELP­ASTEI

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 1 uur 15 ml (1 e) olie 4 preie, in skyfies

gesny 2 knoffelhui­sies,

fyngekap 4 aartappels, geskil en

in blokkies gesny 1 botterskor­sie, geskil

en in blokkies gesny 500 ml (2 k) hoender

aftreksel 500 g stokvis (sonder

vel en grate) ’n skeut suurlemoen

sap sout en peper OORGIETKOR­S 125 ml (½ k) koek

meel 5 ml (1 t) bakpoeier 1,25 ml (¼ t) sout 30 ml (2 e) koue botter 1 eier, geklits 125 ml (½ k) melk 2 brandrissi­es,

fyngekap 10 g vars koljander

blare, fyngekap Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die preie en knoffel tot sag en geurig. Voeg die aartappels en botterskor­sie by en giet die aftreksel oor. Laat die groente prut tot dit amper sag is.

2 Voeg die vis by en laat prut tot gaar. Roer sodat die vis stukkend vlok.

3 Geur die mengsel met die suurlemoen- sap en sout en peper na smaak. Skep die mengsel in ’n oondbak.

4 Oorgietkor­s Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meelmengse­l in.

5 Klits die res van die bestanddel­e saam en giet by die meelmengse­l. Meng goed en giet eweredig oor die vulsel in die oondbak.

6 Bak die pastei 2025 min. of tot die kors gaar en goudbruin is. Verf met ’n bietjie gesmelte botter sodra die pastei uit die oond kom, indien verkies. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa