Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Dit was omtrent ’n okkasie toe die countryleg­ende Lance James se 80ste verjaardag sommer op die verhoog gevier word.

Lance verjaar in werkliheid eers op 18 Julie, maar sy groot mylpaal was die fokuspunt van vanjaar se Bakgat Country Opskop, wat op 3 Junie in GrandWest se Grand Arena in die Kaap gehou is.

Benewens Big Daddy, soos Lance onder sy aanhangers bekend is, het Barbara Ray, Ray Dylan, Rocking Horse, Pierre de Charmoy, Tommy Dell, Ricus Nel, Elizma Theron, Brandon Oberholzer en Elandré Schwartz die gehoor vermaak.

Ná langer as 60 jaar in die musiekbedr­yf het Lance al 100 albums uitgereik en meer as 60 musiekprys­e ontvang.

Maar dit beteken nie hy beplan om halt te roep nie. Hy verower steeds harte met sy tydlose stem en gewilde radioprogr­am, Keep It Country.

Die Bakgat Country Opskop-konsert het op ’n hoogtepunt afgesluit toe Lance vir sy lewenslang­e bydrae tot countrymus­iek – en sommer ook as ’n verjaardag­geskenk – ’n cowboyhoed van hout ontvang. Hoe gepas vir die man wie se wit cowboyhoed al amper ewe bekend is as sy heuningste­m!

 ??  ?? BO: Lance James (links) met die houthoed wat hy op die groot aand ontvang het. By hom is Christo Booyens, promotor en eienaar van Bakgatprom­osies, wat dit aan hom oorhandig het. LINKS: Die countryleg­endes Lance en Tommy Dell tree op tydens die Bakgat Country Opskop.
BO: Lance James (links) met die houthoed wat hy op die groot aand ontvang het. By hom is Christo Booyens, promotor en eienaar van Bakgatprom­osies, wat dit aan hom oorhandig het. LINKS: Die countryleg­endes Lance en Tommy Dell tree op tydens die Bakgat Country Opskop.
 ??  ?? LINKS: Die sangeres Elizma Theron maak seker sy lyk op haar beste vir die verhoog. BO: Elandré Schwartz poseer vir die kamera. Musikante oefen voor die makietie begin. Van links is Clive en Tony Ridgway van Rocking Horse, Brandon Oberholzer, Ricus Nel, Ray Dylan en Elandré.
LINKS: Die sangeres Elizma Theron maak seker sy lyk op haar beste vir die verhoog. BO: Elandré Schwartz poseer vir die kamera. Musikante oefen voor die makietie begin. Van links is Clive en Tony Ridgway van Rocking Horse, Brandon Oberholzer, Ricus Nel, Ray Dylan en Elandré.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa