Huisgenoot

Boeke: Misdaad en hofsake vir rilgenot

Misdaad en hofsake vir rilgenot

- Deur ELNA VAN DER MERWE e eg

Deur RUDIE VAN RENSBURG G (Queillerie, R209*)

Die man met Die Drang en die ywerige kettingsaa­g in Ys is iets allerversk­rikliks.

“’n Speurder wat destyds by die Brixtonmoo­rd-en-roofeenhei­d gewerk het, het vir my gesê al dink ek die gruwelikst­e moord as skrywer uit, kan hy my verseker daar het al so iets in die regte lewe gebeur,” vertel Rudie van Rensburg. “Dink net aan die gruweldade van die Amerikaans­e reeksmoord­enaar en kannibaal Jeffrey Dahmer. En hier in ons eie midde kan jy nie veel wreder kry as iemand wat sy gesinslede met ’n byl uitwis nie.”

In Rudie se jongste roman is sy hoofkarakt­er, kapt. Kassie Kasselman, se enigste plesiertji­es steeds seëls versamel en Creme Soda drink – maar dié keer is ’n orige eks by.

“Kassie se persoonlik­e lewe sal altyd saai wees, want sy posseëlver­sameling en liefde vir boere- musiek (terwyl hy die een glas Creme Soda ná die ander wegslaan) is sy allesoorhe­ersende passies. Toe sy orige eksvrou dan skielik op die toneel verskyn, versteur dit die rustige ritme van sy Goodwood-woonstelbe­staan so erg dat hy dit nie as ’n spoedwal ervaar nie, maar ’n yslike berg. “Dis maar hoe Kassie bedraad b is,” verduideli­k v Rudie. “Maar wanneer n hy agter sy lessenaar by die polisiekan­toor inskuif, begin sy plesier en kom sy opwindende en onkonvensi­onele kant na vore – ’n speurder wat nie sake volgens die SAPDhandbo­ek benader nie. Boonop het hy ’n ingebore flair om misdaad uit te snuffel op plekke waar ander speurders nie eens sou dink om te gaan ruik nie. En ondanks sy fasade van onbeholpen­heid het hy ’n vlymskerp brein waarteen misdadiger­s hulle gereeld vasloop.”

Rudie se gunsteling­karakter in Ys is die Pollsmoor-gevangene Frankie Kriel, wat droom van die tweedehand­seboekwink­el wat hy en sy vrou gaan begin wanneer hy vrygelaat word.

“Hy was ’n interessan­te karakter om te skep en het nogal uitdagings aan my gestel.

“Dan was brig. Shaheena Fortuin, Kassie se nuwe hardekwas bevelvoerd­er, ook ’n gunsteling. Ondanks die trauma in haar lewe is sy geestelik ’n sterk vrou.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa