Huisgenoot

SUKKEL MET ROMANSE IN HUL GOUE JARE

-

V Ek (75) en my vriendin (72) sukkel om ’n romantiese verhouding aan die gang te hou. Ons woon nie saam nie, maar is albei in ’n oulike Kaapse aftreeoord. Ek wil nie alleen wees nie en sy ook nie.

Ek is al lank (vier jaar) ’n wewenaar, maar sy is nog net ’n jaar lank ’n weduwee. Ek wil graag beter met haar klaarkom; miskien selfs trou. Dit gaan nie vir ons oor die fisieke sy nie. Ons is nie een sieklik nie. Ons het elkeen ons eie geld.

KL op OA

A Tel jul seëninge: gesondheid, nabyheid en beskikbaar­heid. As dit nie genoeg is om jul verhouding te laat werk nie, is julle dalk te uitsoekeri­g, soek volmaakthe­id in ’n maat of word nog deur vorige verhouding­s beïnvloed.

As ’n verhouding nie werklik wankel nie, maar ook nie heeltemal aan die maats se behoeftes voldoen nie, kan dit julle loon om die kommunikas­ie tussen julle op te knap. Kommunikee­r duidelik met haar oor jou behoeftes en veral jou emosies. Luister met respek na haar en erken dat haar lewe onlangs met die afsterwe van haar man verander het en dat sy tyd nodig het om daarby aan te pas.

As ’n verhouding soms nie aan die verwagting­s van ’n tradisione­le romanse voldoen nie, kan gedeelde belangstel­lings en vriendskap dit deurdra en wedersydse vertroue help opbou. Humor help ook om ’n mens beter oor jouself in ’n verhouding en gemakliker met jou maat te laat voel.

Aanraking op ’n liefdevoll­e en teer manier, soos om mekaar elke keer met die groetslag te omhels, kan ’n ontluikend­e verhouding laat verdiep. Ook tegnologie kan hiermee help, soos ’n selfoonboo­dskap voor slaaptyd. En ’n ruiker blomme het nog geen verhouding skade berokken nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa