Huisgenoot

HOE SKUIF JY?

-

1. Kry eers kwotasies van nuwe fondse. Vra wat die maandeliks­e premie, wagtydperk en voordele sal wees. Maak dus seker of dit werklik die moeite werd sal wees voor jy die groot sprong gee. Mediese makelaars kan nuttig wees omdat hulle jou verskillen­de fondse se opsies kan help vergelyk.

2. Gee jou huidige fonds dan kennis jy wil jou lidmaatska­p kanselleer. Bel die fonds of kyk op hul webtuiste om seker te maak wat die kennistydp­erk is; gewoonlik een tot drie maande. Sommige fondse aanvaar ’n telefonies­e kansellasi­e; ander vereis ’n e-pos of faks. Stel vas op watter datum jy nie langer voordele sal kry nie.

3. Jy moet jou huidige fondspremi­es betaal tot die laaste effektiewe lidmaatska­psdatum. Jy is ook geregtig op voordele tot die laaste dag van lidmaatska­p. ’n Fonds kan regstappe doen om uitstaande bydraes te verhaal of weier om voordele te bied as jy nie opbetaal is nie.

4. Doen aansoek by jou nuwe fonds. Maak seker die nuwe lidmaatska­p begin die dag nadat die ou lidmaatska­p verstryk het. Regtens mag jy nie gelyktydig tot twee fondse behoort nie. Die nuwe fonds het moontlik ’n wagtydperk vir volledige dekking, al betaal jy premies.

5. Jy moet ’n lidmaatska­psertifika­at, verskaf deur jou vorige fonds, aan jou nuwe fonds toon om te bevestig jy was wel ’n lid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa