Huisgenoot

SPRINGMIEL­IEFEITE

-

Die fliek wemel van mense wat voor en agter die kamera werk op die stel van die Kaapse sepie Suidooster. Benewens Irshaad, wat tans Rhafiek speel, was Elton Landrew (past. White) en Danny Ross ook al in die reeks te sien.

Die regisseur, Nosipho Dumisa, en vervaardig­er, Bradley Joshua, werk ook agter die skerms van Suidooster as vervaardig­ers, terwyl die akteur Ephraim Gordon, wat Randal se vriend Warren speel, een van vier regisseurs van die sepie is.

Landrew is tans op die kassie te sien as die plaasman Koos in die kykNET-reeks Sara Se Geheim.

Die fliek is verfilm op verskeie plekke op die Kaapse Vlakte, onder meer Elsiesrivi­er, Rugby, Lavender Hill en die township Langa. Die produksie het sowat vier weke geduur.

Daar is reeds onderhande­l om die fliek in Amerika (New York en Los Angeles), Duitsland, Switserlan­d, Japan en China te versprei.

 ??  ?? LINKS BO: Die voormalige Suidooster­ster Danny Ross is die geldskiete­r Emmie. REGS BO: Elton Landrew speel past. White.
LINKS BO: Die voormalige Suidooster­ster Danny Ross is die geldskiete­r Emmie. REGS BO: Elton Landrew speel past. White.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa