Huisgenoot

ETE VIR TWEE

-

’n Ou omie en sy vrou sit in ’n eetplek. Hy bestel ’n hamburger, pakkie skyfies en koeldrank. Toe die kelner dit bring, haal die oom die hamburger uit die pakkie, sny dit versigtig middeldeur en sit die een helfte voor sy vrou neer.

Toe tel hy die skyfies sorgvuldig en verdeel dit presies in twee hopies. Hy sit die een hopie voor hom en die ander een netjies voor sy vrou neer. Eers neem hy ’n slukkie van die koeldrank, toe neem sy ’n slukkie en sit die glas tussen hulle twee op die tafel neer.

Toe hy aan sy hamburger begin eet, begin die mense na hul kant loer en fluister. Hulle wonder of die arme paartjie net een ete vir hulle albei kan bekostig.

Toe die oom sy skyfies begin eet, stap ’n jong man na hul tafel en bied aan om vir hulle nog ’n ete te koop. “Baie dankie, ons is oukei,” sê die oom. “Ek en my vrou is daaraan gewoond om alles te deel.”

Die mense kom agter die vrou het nog niks geëet nie. Sy sit net vir haar man en kyk terwyl hy eet, en af en toe neem sy ’n slukkie van die koeldrank.

Weer stap die jong man nader en vra die paartjie of hy nie tog maar vir hulle nog ’n ete kan koop nie.

Hierdie keer skud die vrou haar kop en sê: “Nee dankie, ons is daaraan gewoond om alles te deel.”

Toe die ou man klaar geëet is en sy mond met die servet afvee, kom die jong man weer nader. Hy vra vir die vrou wat nog niks geëet het nie: “Nou waarvoor wag tannie dan?”

Sy antwoord: “Vir die tande.” L. SAAYMAN, SABIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa