Huisgenoot

NARE WAARHEID

-

’n Pa koop ’n leuenverkl­ikkersrobo­t wat jou klap wanneer jy jok. Die aand aan tafel vra hy vir sy seun: “Waar was jy vandag?” “By die skool, pa.” Whap! klap die robot hom. “Jy jok,” sê sy pa streng. “Oukei, oukei. Ek het stokkiesge­draai en ’n DVD by die huis gekyk,” erken die seun. “Watter DVD?’’ vra die pa. “Toy Story 3,” sê die seun. Whap! Die robot klap hom weer.

“Oukei, ek het porno gekyk,” sê die seun en bloos bloedrooi.

“Toe ek jou ouderdom was, het ek nie eens van porno geweet nie,” raas die pa. Whap! klap die robot die pa.

Die ma lag en sê: “ ’n Mens kan sien hy’s jou seun.” Whap! klap die robot die ma. ELOMA LOUW, CALVINIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa