Huisgenoot

HÁKARL IN YSLAND

-

Een van Ysland se nasionale geregte is hákarl, oftewel vrot haaivleis. Die Groenlands­e haai se vleis is giftig omdat dit heelwat ammoniak bevat. Die Yslanders begrawe die haaivleis vir ses weke tot drie maande sodat bakterieë die afvalstoww­e kan afbreek. Daarna word die ryp vleis opgegrawe, in stukke gesny en opgehang om ’n paar maande lank droog te word. Hákarl is ’n aangeleerd­e smaak. Die meeste mense wil-wil opgooi wanneer hulle dit vir die eerste keer probeer eet. As jy ooit in Ysland kom en oud genoeg is, kan jy dit saam met ’n groot sluk Brennivín, ’n plaaslike brandewyn, beproef.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa