Huisgenoot

DIE HERTOG EN HERTOGIN VAN CAMBRIDGE

-

William, Kate en hul kroos, prins George (4), prinses Charlotte (3) en die sewe weke oue prins Louis, woon in woonstel 1A. Prinses Margaret, koningin Elizabeth se jonger suster, het eens hier gewoon en dit destyds “die pophuis” genoem – nie dat dit piepklein is nie. Dit is trouens die grootste van al die blyplekke in die Kensington­paleis en spog met vier verdieping­s, twee kombuise, ses slaapkamer­s en ’n motorhuis met plek vir agt voertuie.

Ná William en Kate se troue in 2011 is die woonstel teen sowat R75 miljoen opgeknap met onder meer WiFi-internetto­egang en lugversorg­ers. Die koninklike paartjie het eers die meeste van hul tyd in hul platteland­se tuiste, Anmer Hall in Norfolk, deurgebrin­g, maar die Kensington­paleis is sedert verlede jaar hul permanente tuiste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa