Huisgenoot

Corlea se maerwordge­heime

-

Corlea het onlangs in die sosiale media geskryf sy het dit reggekry om byna 10 kg af te skud. Toe ons haar vroeër vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn raakloop, het sy vertel sy het eintlik net opgehou om die verkeerde goed te eet en suiker en stysel uitgesny. “Die eerste vier dae lank hunker ’n mens na sekere kos, maar dan gaan dit verby.” Sy het onlangs op Facebook nog ’n geheim gedeel toe sy sê sy kry endermolog­iesessies. Dis ’n behandelin­gsproses wat die vel se tekstuur en soepelheid verbeter. Die gewilde Classics Is Groot is vandeesmaa­nd terug en Corlea sal in albei konserte op 9 Junie (om 13:00 en 19:30) in die Sun Arena Time Square by Menlyn Maine in Pretoria te sien wees. Later vanjaar is sy te sien as ’n kenner in Die Kontrak op VIA. Daar soek sy en die musiekmaat­skappy Coleske Artists ’n groot nuwe Afrikaanse musiekmake­r, wat dan ’n platekontr­ak kan losslaan.

 ??  ?? BO: Die sangeres Corlea het amper 10 kg verloor. REGS: Kyk daardie wangbene! Sy vertel sy het verslank deur gesonder te eet.
BO: Die sangeres Corlea het amper 10 kg verloor. REGS: Kyk daardie wangbene! Sy vertel sy het verslank deur gesonder te eet.
 ??  ?? Sy straal duidelik nuwe selfvertro­ue uit.
Sy straal duidelik nuwe selfvertro­ue uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa