Huisgenoot

2017 WAT MAKEER JOHNNY DEPP?

-

Toe die Hollywood-akteur onlangs saam met sy bewonderen­de aanhangers vir ’n kiekie poseer, het hy drasties anders gelyk as die hartebreke­r wat twee keer as die tydskrif People se sexyste man van die jaar aangewys is. Op die foto’s wat geneem is op toer saam met sy musiekgroe­p, Hollywood Vampires, lyk die 55-jarige bleek en uitgeteer. “Ek dink my held lyk siek,” het ’n besorgde aanhanger op Facebook laat hoor. Ander het die akteur blykbaar glad nie herken nie. “Goeiste, is dit Johnny Depp?” het ’n Twitter-gebruiker opgemerk. Baie het dadelik aangeneem die nuwe voorkoms is die gevolg van toegewyde methodtone­elspel en heelparty aanhangers het volgehou hy het nie juis gesond gelyk nie omdat hy onlangs gewerk het aan ’n nuwe fliek, Richard Says Goodbye, waarin hy die rol van ’n akademikus vertolk wat terminaal siek is.

Maar volgens bronne het Johnny se maer voorkoms niks met werk te doen nie; dis eintlik aan sy onstuimige persoonlik­e lewe te wyte. Kort nadat sy bitter egskeiding van die aktrise Amber Heard (32) verlede jaar afgehandel is, het Johnny in ’n regsgeding met sy eertydse bestuursma­atskappy gewikkel geraak te midde van bewerings hulle het sy miljoene wanbestuur. Die pa van Lily-Rose (19) en Jack Depp III (16) word ook gedagvaar deur oudlyfwagt­e wat beweer hy het hulle gedwing om in ’n ongesonde omgewing by sy huis te werk en hulle moes soms as babaoppass­er vir die ster optree.

Sake het onlangs handuit geruk toe die beleërde akteur glo ’n bestuurder aanval op die stel van sy eersdaagse rolprent, City of Lies. Johnny – wat na bewering daardie dag op die stel gedrink en gerook het – het die man uitgetrap uitg en hom ho toe probeer b bydam volgens v die bronne, b wat die situasie op die rolprent p se stel as “toksies” beskryf. skry

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa